Gupta’s het in 2010 reeds eise gestel aan regering vir ‘n oorbetaling van R600 miljoen

Ajay Gupta het reeds in 2010 aangedring op ‘n oorbetaling van R600 miljoen vanaf die regering se Kommunikasie en Informasie Sisteem(GCIS). Hierdie inligting is onthul deur Thema Maseko, die vorige kommunikasiehoof van GCIS. Dit was op daardie stadium die totale advertensiebegroting van die departement. Ajay was bewus van die bedrag en het geëis dat die […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Top kandidate vir verkiesings konferensie deur Gupta familie gekies

Volgens Bheki Cele, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Vissery en ook lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, is hy baie ongemaklik met die top kandidate wat genomineer is vir die komende verkiesings konferensie aangesien die klomp, Dlamini-Zuma ingesluit, gekies is deur die Gupta familie. Cele is ‘n uitgesproke aanhanger van Ramaphosa. Dit is […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geskorste hoof finansiële beampte van Eskom, Singh weier om te sing

Die geskorste hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, is deur die parlementêre portefeuljekomitee weggestuur aangesien hy nie betyds sy dokumentasie kon voorsien nie. Singh is reeds ‘n maand gelede aangesê om te getuig in die staatskaping van Eskom en om sekere dokumentasie vooraf beskikbaar te stel. Hy het egter Maandagaand om 23:00 ‘n 400 […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eskom: Skokgetuienis oor Zuma, Myeni en Gupta-broer se inmenging

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van Eskom se raad, het Woensdag vir pres. Jacob Zuma en Dudu Myeni, voormalige voorsitter van SAL, die staatsbeheerde lugdiens, geïmpliseer in inmenging by Eskom. Tsotsi het voor die parlementere ondersoekkomitee getuig oor aantygings van staatskaping by Eskom. Tsotsi het gesê ná die aanstelling van nuwe raadslede in 2015 het daar […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Brian Molefe: Van Gupta luitenant na kolonel in die SA Weermag

Soos sekere mediaberigte dit stel, het Brian Molefe bevordering gekry van Gupta luitenant na kolonel in die SA Weermag. Hy verdien tans “‘n skamele” R57 000 per maand, wat sleg afsteek teen wat hy in Eskom “verdien” het toe hy nog die omstrede grootbaas daar was. Molefe is aangestel as deel van ‘n groep ”spesialiste” […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Almal in die ANC lieg en dan is Persoon “G” ook deel van die spys, wie is die Persoon “G” ?

Eskom se raad se woordvoerder, Khulani Qoma, noem minister Lynne Brown openlik ‘n leuenaar en iemand wat onbevoeg is om haar werk te verrig. Tydens sy verskyning voor die parlementêre komitee het Qoma getuig dat Brown “omring” was van individue wat gekaap was terwyl sy probeer voorgee het dat sy self nie gemanipuleer word nie. […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Anti-apartheidsaktivis, Peter Hain wil ANC en Guptas beveg

Die anti-apartheidsaktivis, Peter Hain, vra nou skielik dat individue ondersoek moet word vir grootskaalse geldwassery. Die persone wat hy ondersoek wil hê, sluit in hoofman Zuma, sy eks Dlamini-Zuma, Eric Wood van Trillion, KPMG , McKinsey, SAPd en dies meer. Hain sê dat Suid-Afrika vasgevang is in ‘n politiese, ekonomiese en sosiale krisis wat saamval […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

FBI ondersoek multimiljoen rand kontrakte

Die Federale Buro van Ondersoek (FBI) in die VSA is besig is om ondersoek in te stel na die multimiljoen rand kontrakte wat die Guptas deur Transnet verkry het. Geld wat tussen Suid-Afrika, Dubai en die VSA oorgeplaas is sal onder die soeklig kom. Ashish en Amol Gupta word betrek as Amerikaanse burgers en hulle […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Transnet direkteure aangekla oor pensioene

Nuwe inligting oor maatskappye met Gupta-konneksies se stroping van Transnet-werkers se aftreefondse het daartoe gelei dat die VF Plus die trustees wat op die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) se raad dien en wat direkteure is van Transnet, gaan verkla by die Maatskappyekommissie en versoek dat hulle onbevoeg verklaar word om as direkteure te dien. Adv. […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

SA Kommunistiese Party raak nou regtig gatvol vir Zuma

Die SA Kommunistiese Party (SAKP) het ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se hoof, Shaun Abrahams, en sy departement gedoen om Zuma aan te kla op die meer as 700 klagtes van bedrog. Hulle het verder ‘n beroep op die ANC gedoen om Zuma af te dank. Volgens die SAKP het Zuma se erkenning […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!