Egskeiding in die lug – SAKP versoek dat pres. Jacob Zuma die “immigrante familie” nou moet vaarwel toeroep

Die SAKP het by monde van Blade Nzimande die ANC versoek dat pres. Jacob Zuma die “immigrante familie” nou moet vaarwel toeroep anders gaan die SAKP alleen aan die 2019 verkiesing deelneem. Intussen het die SAKP se eerste adjunk-sekretarisgeneraal, Solly Mapaila aangekondig dat hy reeds met regstappe begin het teen Zuma oor die kabinetskommeling waarin […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Hoe lank nog voor Suid-Afrika moet “toemaak?”

Hoofregter Mogoeng Mogoeng se vasvat van die speaker, Baleka Mbete, omdat sy die onpartydigheid van sommige regters onder verdenking geplaas het, pas so netjies in die raamwerk van ’n staat wat aan die kwyn is. Maar, met staatskaping, ’n president soos Jacob Zuma en vele meer, is die Suid-Afrikaanse situasie nog veel ingewikkelder. Verskeie nuwe mylpaal-aangeleenthede dui daarop dat […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Inbrake en brande by staatsinstellings is agv strydende politieke faksies

Strydende politieke faksies wat meeding om politieke mag blyk agter die onlangse vlaag van inbrake en brande by sleutel-staatsinstellings te wees, het ’n ontleder van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) Dinsdag gesê. Die brande by die kantore van die premiers van die Oos-Kaap en Gauteng verlede maand is bedoel om adj.pres. Cyril Ramaphosa se faksie […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC kan nie eers homself help nie wat nog te sê van Suid Afrika

Suid-Afrika, jy is op jou eie. Die ANC, eens op ’n tyd ‘n trotse, duidelike en bekwame organisasie, kan nie met oplossings vorendag kom nie. Suid-Afrika moet homself uit die massiewe probleme wat ons in die gesig staar, bevry. Die stryd om ‘n voorspoedige, verenigde en nie-rassige Suid-Afrika te bou, kan nie deur die ANC […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Openbare Beskermer onderstreep haar onkundigheid deur hofaksie teen haar bevindings en aanbevelings oor Absa teen te staan

Die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane se besluit om die hofaksie teen te staan wat die Reserwebank en Malusi Gigaba, minister van finansies, ingestel het teen haar bevindings en aanbevelings oor Absa, is irrasioneel en onderstreep haar onkundigheid en onbevoegdheid, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus. Adv. Alberts sê dit is […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC die enigste beweging wat ’n verenigde, nierassige, nieseksistiese, demokratiese en voorspoedige SA skep – Zuma jy grap seker nou!

Ondanks al die probleme wat hom in die gesig staar, bly die ANC die enigste beweging wat alle Suid-Afrikaners sover kan kry om ’n verenigde, nierassige, nieseksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika te skep. Só het pres. Jacob Zuma gisteraand in Johannesburg op ’n dinee voor die begin van die ANC se vyfde beleidskonferensie vandag gesê. […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geheime wantrouestemming geen gegewe – wie gaan wat se en wie gaan sy hand opsteek !!

Daar is nie regtig hoop dat ‘n geheime stemming vir die mosie van wantroue teen Jacob Zuma wel gaan plaasvind na die Grondwetlike Hof se uitspraak nie. Die Grondwetlike Hof het in ‘n eenparige beslissing bevind dat die speaker van die parlement wel by magte is om ‘n geheime stemming onder sekere omstandighede in die […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kan dit werklik waar wees – Minister glo geteiken oor hy swart is !!

Minerale bronne minister Mosebenzi Zwane sê die Gupta e-posse wat hom impliseer is leuens en hy word geteiken net omdat hy swart is. Hy het ook nog nooit een van die e-posse gesien nie. Waarnemers wys daarop dat daar sover min blankes geïnkrimineer is uit die Gupta e-posse, en vra daarom die vraag of die […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sakesektor se kommer verdiep – dit blyk of die ekonomie net aan hou met val !!

Die vertroue in die ekonomie van SA is besig om weekliks te verswak en in wantroue om te skakel. Na die afgradering verlede week deur Moody’s van Suid-Afrika se buitelandse en binnelandse skuld tot net duskant rommelstatus, en die daaropvolgende afgradering van vyf plaaslike banke en sommige staatsentiteite, het die volgende skok die sektor getref […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Ons land is weer afgegradeer, en wat doen Gigaba, kanselleer ‘n mediakonferensie !!

Malusi Gigaba, minister van finansies, sou ‘n mediakonferensie hou waartydens hy planne sou voorlê rondom die land se ekonomiese krisis na nog ‘n afgradering. Hy het egter die konferensie afgelas en geen redes is verskaf nie. Ekonome is van mening dat sy en die ANC se planne opgeraak en het hy nie kans gesien om […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!