Top “polisie” word nou opgeroep deur Mbalula

Die minister van polisie het sowel 600 lede van die sogenaamde Nie-Statutêre Magte (NSM) opgeroep het na ‘n vergadering eerskomende Vrydag. Die doel van die vergadering is om bevorderings te bespreek en vrese bestaan dat Mbalula diesulkes se lojaliteit wil “koop” voor die Desember ANC verkiesing asook die 2019 verkiesing. Die oproep sluit ook lede […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

SASSA mag dalk ondersoek word

‘n Paneel van deskundiges, wat deur die hof aangestel is, het aanbeveel dat amptenare van Sassa ondersoek word om hul rol in die sosiale toelae krisis te bepaal en indien nodig hulle te vervolg. Die paneel het ‘n tweede verslag uitgebring en weer eens is dit ‘n kritiese verslag teen diegene betrokke. Toekenning van kontrakte […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Lesufi besig met ‘n heksejag – teister Afrikaanse skole in Gauteng provinsie

Die VF Plus in Gauteng sê die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, moet ophou om Afrikaanse skole in die provinsie met swepe te slaan. Dit volg op die jongste voorval waar die LUR die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord aanvat in die media en op sosiale media oor die skool se taalbeleid. Skynbaar […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus is opdreef en lê klag teen EFF, gaan dit help?

Die VF Plus het klagtes teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gelê wat verband hou met plakkate wat onwettig teen mure, onder brûe en ander oppervlaktes vasgom is. Die EFF tree téén regulasies in die Kieswet en die Metsimaholo Munisipaliteit se bywette op. Die VF Plus het klagtes teen die EFF by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Minister van staatsekuriteit by skandaal betrek

Die nuwe minister van staatsekuriteit, Bongani Bongo, is betrek by nog ‘n skandaal. Hy word daarvan beskuldig dat hy advokaat Nththuzela Vanara probeer omkoop het. Vanara is een van die getuies in die parlementêre ondersoek na die staatskaping en sy het die bewerings gemaak in ‘n eedsverklaring wat gerig is aan Baleka Mbete. Mbete het […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Zuma net soos res van Afrika leiers

Die voormalige voorsitter van die ANC vir KwaZulu Natal, Zenzo Mchunu, het in ʼn toespraak daarop gewys dat die ANC president, Jacob Zuma, dieselfde ingesteldheid het as menige Afrika leier wat dink dat die land en die regering sy persoonlike eiendom is en die volgende aanspraakmaker om hom op te volg uit die binnekring van […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Brian Molefe: Van Gupta luitenant na kolonel in die SA Weermag

Soos sekere mediaberigte dit stel, het Brian Molefe bevordering gekry van Gupta luitenant na kolonel in die SA Weermag. Hy verdien tans “‘n skamele” R57 000 per maand, wat sleg afsteek teen wat hy in Eskom “verdien” het toe hy nog die omstrede grootbaas daar was. Molefe is aangestel as deel van ‘n groep ”spesialiste” […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Moontlike nog ‘n afgradeering, die keer ESKOM

Eskom kan dalk sover afgegradeer word, dat hy summier op die ekonomiese rommelhoop sal beland. Die graderingsinstelling, Fitch Ratings, het gewaarsku dat hy Eskom selfs met twee vlakke kan afgradeer. Eskom se swak bestuur, swak kontantvloei en algeheel verswakkende finansiële posisie het tot hierdie waarskuwing gelei. Fitch het ook ‘n kwalik bedekte hou na die […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus maak plan om misdaad en plaasmoorde in die provinsie suksesvol te bekamp

ʼn Gesprek tussen die VF Plus en die leierskap van Gauteng oor misdaad en plaasmoorde het ʼn positiewe uitvloeisel gehad en daadwerklike planne van die VF Plus om die probleme met gesamentlike aksies aan te spreek, is in beginsel aanvaar en die onderneming is van regeringskant gegee dat dit so uitgevoer gaan word. Die VF […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Is dit dalk die toestand van ons “Reënboognasie” dat ons nie die Rugby bid gekry het nie

Waarnemers sê die man op straat kan bly wees dat die 2023 Rugby Wêreldbekerkompetisie toegeken is aan Frankryk, alhoewel baie dit as ‘n negatiewe opmerking sal beleef. Die feit is die land het nie die geld en die sekuriteit om die kompetisie aan te bied nie. Frankryk het 24 stemme teen SA se 15 in […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!