Chris Barnard sterf

Chris BarnardDie bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard is Maandagoggend in die ouderdom van 76 aan ’n hartaanval dood.

Hy word oorleef deur sy vrou, die filmregisseur Katinka Heyns, hul seun, Simon, sy seuns Johan, Stephan, Tian en Reghard uit ’n vorige huwelik, en sy broer, Sam.

Barnard is bekend vir romans soos Boendoe en Mahalaen die radiodrama Die Rebellie van Lafras Verwey.

Mahala word deesdae as een van Afrikaans se klassieke literêre werke beskou en is in 1973 met die Hertzog-prys bekroon.

Hy het ook verskeie televisie- en filmdraaiboeke, insluitende dié van Die storie van Klara Viljee en Paljas, geskryf.

Huldeblyke vir die skrywer het van vroegoggend gister reeds op sosiale media ingestroom.

 

Enjoyed this post? Share it!