Coligny-moordsaak: Hof lewer uitspraak oor dringende aansoek

Die Noordwes-hooggeregshof het Maandagmiddag uitspraak gelewer oor ʼn dringende aansoek van die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn kamptige 12-jarige seun in Coligny in Noordwes.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan die Media gesê die hof het die twee mans se aansoek, dat hul Nasionale Vervolgingsgesag reeds môre aangehoor word, goedgekeur. Die aansoek is om 16:00 aangehoor.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte se borgtogaansoek is aanvanklik vir 9 Mei geskeduleer.  Doorewaard en Schutte het Vrydag in die Coligny-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Die mans het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Een seun het weggehardloop en die ander seun, Matlhomola Jonas Mosweu, het agter op die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het. Matlhomola het sy nek gebreek en is op 20 April oorlede.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die 12-jarige Matlhomola blykbaar ’n 16-jarige belhamel was.

Nadat daar meer as ‘n week gesoek is na iemand wat die kind kon uitken, het sy pa uiteindelik vorendag gekom en onthul dat hy die 16-jarige Matlhomola Mosweu is. Sy pa, Sakkie Dingake, het vroeër gesê die familie het eers Sondag van Matlhomola se dood uitgevind. Hulle het al die tyd gedink hy kuier by vriende op ʼn plaas in Putfontein. Dingake het ontken dat sy seun sonneblomme sou steel.

Die feit dat daar meer as ‘n week gesukkel is om Mosweu uit te ken, laat die vermoede ontstaan dat hy ‘n tiener is wat van sy huis weggeloop het. Daarom dat sy ouers ook nie dadelik agtergekom het dat hy dood is nie.

Daar is vroeër berig (het/) die kind se dood het aanleiding gegee tot die gewelddadige betogings in Coligny waartydens minstens drie vragmotors en drie huise afgebrand en talle winkels geplunder is.

Bron: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!