Cosatu is nou weer opdreef en teiken Orania, het hulle niks beter om te doen nie !!??

Cosatu in die Noord-Kaap eis dat die regering optree teen die arrogante Orania, wat nie wil transformeer en inskakel by die Thembelihle munisipaliteit nie.

In ‘n verklaring sê die kommunistiese vakbond dat hy kwaad is vir wat hy noem die toenemende rassisme in Orania, wat die demokraties verkose regering ondermyn. “Orania het aan ons almal bewys dat wittes nooit die regering van die dag sal aanvaar nie.”

Cosatu is kwaad dat Orania eerder as ‘n land op sy eie aangebied word, in plaas van ‘n dorp. Omdat hulle nie wil inskakel by die groter munisipaliteit nie, hoort hulle nie in die Noord-Kaap of in die land nie.

“Dieselfde mense gebruik die spoorweë en paaie van die land om hulle plaasprodukte en hulle families te vervoer.” Om dié rede eis Cosatu dat Orania meer moet betaal vir die gebruik van die land se infrastruktuur.

Cosatu sweep inwoners van die Noord-Kaap op om transformasie in Orania te eis. “Ons kan nie gyselaar gehou word deur ‘n spul hipokriete wat hulleself selektief uitsluit van die breër gemeenskap,” eis Cosatu.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Elred Ferreira

    It goes without saying that Orania cannot be left in peace,because there people dont lock their doors and crime is almost non existent….so if you leave Orania alone they will show you up for what you are…a third rated people in your third rated country!!!

  • Elsabe Otto

    No They dont share in nothing They dont owe you or anybody. You dont pay for there streets. Also dont burn and riot Leave them alone Its only irretating because they are growing.