Cosatu takel “groep wit” Springbokke

 ‘n “Groep wit” Springbokke is daarvan beskuldig dat hulle transformasie in rugby op verskillende maniere probeer saboteer.

Hierdie aantygings is gemaak deur die sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich, wat bekend is vir die hoogs omstrede uitsprake wat hy dikwels op ras-gronde maak

Ehrenreich wys vinger na ‘n “groep wit” rugbyspelers in die Springbokspan wat volgens hom alles sal doen om transformasie van rugby en Allister Coetzee as afrigter te laat misluk. Hulle sal glo selfs “sabotasie pleeg”.

“Sommige Springbokke se swak spel in die twee toetse (teen Ierland) die afgelope twee naweke,” vorm blykbaar deel van hierdie sabotasie.

Cosatu is volgens hom genader deur Springbok-lede wat aanvoer dat daar ‘n groep wit spelers is wat integrasie van die span en die afrigter wil kelder.

Hierdie blanke spelers ondersoek word en uit die Springbokspan gelaat word, meen hy.

Hy het ook Cosatu bevorder met die uitspraak dat die vakverbond sal aanhou stry vir die regte van swart spelers wat voorheen uitgesluit is om plek te maak vir blanke spelers wat posisies beloof is.

Ehrenreich het voorts ou blanke rugbykommentators gepak deur te eis dat hulle uitgeskakel moet word omdat hulle “ou apartheidsvooroordele” koester.

Foto – Cosatu se Tony Ehrenreich

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!