DA besig on na alle kante toe uitmekaar te val

Dat daar groot probleme in die DA is, behoort teen hierdie tyd vir niemand meer ‘n geheim te wees nie. Inderdaad wil dit lyk asof die DA besig is om na alle kante toe uitmekaar te val.

Vroeër vanjaar het Mmusi Maimane vir Helen Zille geskors oor ‘n twiet wat sy gemaak het waarvan hy nie gehou het nie. Daarna het sy kruiperig om verskoning gevra en effektief van die toneel verdwyn.

Kort daarna bedank die veteraan DA Raadslid van Kaapstad, Karen Brynard, en stel openlik dat sy nie haar Christelike waardestelsel langer met die DA kan vereenselwig nie. En op 29 September word die DA LP, Juanita Terblanche (Skadu minister van Wetenskap en Tegnologie) lewenslank uit die party geskors.

En pas vanmiddag kondig Maimane aan dat hy, na ‘n lelike vergadering gisteraand, die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille en die Raadslid, JP Smith, voorlopig skors van enige deelname aan DA aktiwiteite hangende ‘n ondersoek. De Lille en Smith is haaks omdat sy eensydig Smith se ondersoekeenheid na korrupte optrede onder Raadslede ontbind het. Hoekom sou sy dit wou doen?

Die verklaring lui: In recent days various allegations and counter allegations have been made in the Cape Town press involving Cape Town Executive Mayor, Patricia de Lille, and Councillor JP Smith. DA Leader Mmusi Maimane called both Mayor de Lille and Cllr Smith to account for their actions at a meeting held last night. Following that meeting, Mr Maimane has placed Mayor de Lille and Cllr Smith on special leave from DA activities in the Cape Town Metro until such time as a DA Federal Executive investigation can be concluded. Placing the Mayor and the Cllr on special leave during the investigation means that neither will be able to attend DA caucus meetings, interact with caucus members or others who may testify before the committee or attend party meetings.

Ondertussen is Front Nasionaal besig met ‘n ondersoek na ‘n voorval van ernstige nalatigheid teen die voormalige DA Raad van Midvaal in 2010. En ‘n week gelede het twee voormalige DA Raadslede van die Vaaldriehoek oorgeloop na Front Nasionaal. Daaroor sal ons wel later meer besonderhede verskaf.

Maar die uittog uit die DA het begin, want Mmusi Maimane is deesdae net soos die laksman by die guillotine – hy staan net die toutjie en trek en die een kop na die ander rol…

Geen politieke party waar dit so gaan, het ‘n lang lewensverwagting nie. Veel minder nog een wat alreeds beplan vir die volgende verkiesing!

Deur: Daniel Lötter/Front Nasionaal SA


 

Enjoyed this post? Share it!