DA Leier Maimane word met agressie uit Zambië gedeporteer

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, is uit Zambië gedeporteer, tydens die verraad verhoor van die opposisieleier Hakainde Hichilema.

Maimane, DA-leier, is ‘n konstitusionele ampsdrae van Suid-Afrika, is kragtig verhinder deur die Zambiese polisie om die Republiek van Zambië binne te gaan. Ten tye dat die SAL-vlug tot stilstand gekom het, was die polisie alreeds gestasioneer en het Maimane agrfresief gekonfronteer. Maimane se private selfon is uit sy besit geneem het die DA in ‘n verklaring gesê.

“Dit is ‘n diep skandelike dag vir die Republiek van Zambië, wanneer ‘n Leier van die Opposisie uit Suid-Afrika nie vrylik die land kan binnekom nie – veral op Afrika-dag. Maar ons sal nie afgeskrik word nie.”

Die DA het Vrydagoggend gesê Maimane het Donderdag om 08:30 teruggekeer na Suid-Afrika en sal later die saak by ‘n media-inligtingsessie aanspreek.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het gesê dat hulle die voorval ondersoek.

“Ons het die hoë kommissaris in Zambië opdrag gegee om die minister van buitelandse sake te ontmoet om ‘n verduideliking te kry. Die hoë kommissaris sal ‘n verslag opstel … dit sal dan die pad vorentoe bepaal,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die Dirco, gesê.


 

Enjoyed this post? Share it!