DA-LP lewenslank geskors na heweig woordewisseling

‘n Hewige oor en weer woordewisseling het ontstaan tussen die DA se leierskap en Juanita Terblanche, ‘n LP wat al sedert 1998 aktief by die party betrokke is.

Die DA het haar lewenslang uit die party geskors nadat sy al in 2015 skuldig bevind is op bewerings op klagtes dat sy geld van die party verkeerd hanteer het. Sy sê egter sy het nooit met die geld gewerk nie.

Sy is finaal geskors nadat haar pogings om haar skorsing in die hof te betwis, misluk het. Dit sal beteken dat sy haar pos as parlementslid sal verloor, en waarnemers verwag dat die DA leiding haar gaan vervang met ‘n swart LP.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!