DA se topstrukteer wil ontslae raak van de Lille

Die DA se uitvoerende komitee in Kaapstad het ‘n aanbeveling deurgegee aan die party se topstruktuur dat Patricia de Lille onthef moet word van haar pos as burgemeester van Kaapstad.

Volgens Grant Twigg, voorsitter van die DA in die Moederstad Metroraad, het hulle nie meer vertroue in haar het nie. Volgens die raad kan sy nie stabiliteit, eenheid en funksionaliteit verseker nie.

Die DA se nasionale voorsitter het egter gesê hy dink Twigg was voortydig om die media by die saak te betrek aangesien die prosesse binne die DA nog aan die gang is en toegelaat moet word om afgehandel te word.

Intussen het De Lille gedreig dat sy regsaksie sal neem indien die DA haar skors en dat sy alles sal doen om haar pos as burgemeester te behou.

Dit wil egter voorkom of De Lille redelike probleme het aangesien die Ouditeur-Generaal skynbaar ook op onreëlmatighede rakende die bestuur in haar stadsraad afgekom het. Hy het sy verslag egter teruggehou in die lig van die hangende ondersoeke teen haar.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!