Daar is ‘n slang in die gras – transaksie tussen Manyi en Guptas is kunsmatig

Banke moet ligloop vir Manyi.

Alles dui daarop dat die transaksie tussen Jimmy Manyi en die Guptas kunsmatig is, waar die Guptas spasie tussen hulself en banke probeer skep om sodoende rekeninge in Manyi se naam oop te maak en banke moet bedag wees daarop,” sê Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Hy sê die geld kan moontlik deel uitmaak van geld wat onreëlmatig verkry is soos uit gestip in die Openbare Beskermer (OB) se staatskapingverslag, en om dit op hierdie manier te was in die vorm van ʼn lening aan Manyi.

Die VF Plus sal daarom die finansiële intelligensiesentrum versoek om dadelik ondersoek in te stel na enige nuwe rekeninge wat Manyi se firma sou oopmaak.

Die Guptas se maatskappy Oakbay Investments het Maandag aangekondig dat Manyi se maatskappy, Lodidox and Management, ANN7 vir R300 miljoen en The New Age vir R150 miljoen gekoop het.

Volgens Adv. Alberts sal die finansiële intelligensiesentrum moet vasstel wat die oorsprong van die fondse is indien die Manyi-firma enige bankrekeninge oopmaak.

“Die transaksie lyk verdag juis omdat die maatskappy wat Manyi vir die koop gebruik ʼn leë dop is en die verkoopprys volgens aanduidings veel hoër is as wat die markwaarde aandui,” sê Adv. Alberts.

Foto – Die Uitvoerende Dirikteur van Lodidox and Management, Jimmy Manyi.

Die Vryburger, 28-08-2017Da


Enjoyed this post? Share it!