Dadel-en-piesang-blokkies

LEWER 20-24 BLOKKIES
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 35 minute

KORS
250 ml (1 k) suiker
125 g margarien
2 eiers
500 ml (2 k) bruismeel
knippie sout
125 ml (½ k) melk
BOLAAG
250 g dadels, in stukkies gesny
4 piesangs, in skyfies gesny
30 ml (2 e) gesmelte botter
kaneelsuiker

Verhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat van 28 x 23 cm

  1. KORSKlits die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed.
  2. Geur die bruismeel met die sout. Voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel en meng goed tot ’n stywerige deeg. Druk die helfte van die deeg in die bakplaat vas.
  3. BOLAAGSprinkel die dadels en piesangs oor die kors. Bedek met res van die deeg en bak sowat 35 minute of tot gaar.
  4. Smeer met die gesmelte botter en sprinkel kaneelsuiker oor.
Huisgenoot Julie 3, 2015

 

Enjoyed this post? Share it!