Danksy Klasie Havenga het ons offisiële bewyse van ‘n vorige volksmoord teen ons.

Die Havenga Verslag volg na ‘n pers verklaring van FN oor ‘n gedenkdiens te Kerkplein op die naweek.

Front Nasionaal Suid-Afrika het bevestig dat ‘n gedenkdiens ter viering van die geboortedag van die eertydse ZAR President, Paul Kruger, wel sal plaasvind eerskomende Saterdag 10 Oktober om 10:00 op Kerkplein in Pretoria. Dit volg op ‘n hernieude voorval van vandalisme waarin die beeld laasnag opnuut met verf betakel is.

Die ANC Jeugliga het onlangs die verwydering van die beeld geëis omdat dit hulle herinner aan kolonialisme en apartheid.

FN het hierdie standpunt met minagting verwerp en gesê: “…inderdaad was president Kruger ‘n vryheidsvegter wat self die slagoffer van kolonialisme was, tot so ‘n mate dat hy eensaam in ballingskap moes sterf, ver van sy geboorteland uitgedryf deur ‘n vreemde owerheid. Hy is buitendien dood bykans ‘n halfeeu voordat ‘apartheid’ ontstaan het. Hierdie uitspraak deur die ANC is ‘n flou poging om die aandag af te lei van hulle eie onverdraagsame en hopeloos mislukte poging om die land te regeer.”

FN het voorts verklaar dat regstappe oorweeg word teen die Tshwane Metroraad vir hulle onvermoë om ‘n nasionale erfenisterrein binne hulle Munisipale gebied voldoende te beskerm.

FN Suid-Afrika het bevestig dat ‘n gedenkdiens ter viering van die geboortedag van die eertydse ZAR President, Paul Kruger, wel sal plaasvind eerskomende Saterdag 10 Oktober om 10:00 op Kerkplein in Pretoria. Dit volg op ‘n hernieude voorval van vandalisme waarin die beeld laasnag opnuut met verf betakel is.

Die ANC Jeugliga het onlangs die verwydering van die beeld geëis omdat dit hulle herinner aan kolonialisme en apartheid.

FN het hierdie standpunt met minagting verwerp en gesê: “…inderdaad was president Kruger ‘n vryheidsvegter wat self die slagoffer van kolonialisme was, tot so ‘n mate dat hy eensaam in ballingskap moes sterf, ver van sy geboorteland uitgedryf deur ‘n vreemde owerheid. Hy is buitendien dood bykans ‘n halfeeu voordat ‘apartheid’ ontstaan het. Hierdie uitspraak deur die ANC is ‘n flou poging om die aandag af te lei van hulle eie onverdraagsame en hopeloos mislukte poging om die land te regeer.”

FN het voorts verklaar dat regstappe oorweeg word teen die Tshwane Metroraad vir hulle onvermoë om ‘n nasionale erfenisterrein binne hulle Munisipale gebied voldoende te beskerm.

Daniel Lötter
Baie dae voel dit vir mens jy moet maar alles net los, laat gebeur wat wil want mense gee eenvoudig nie meer om nie.
Dan kyk jy bietjie verder en soek rond en jy raak opgewonde en bly en kry nuwe moed!
Sedert sy ontstaan amper 2 jaar gelede, het daar besonderse dinge met en rondom Front Nasionaal gebeur. Dinge wat nuwe hoop vir die volk en ons kinders en kleinkinders gee.
Daar is ‘n al groter wordende stroom wat aansluit as lede, in so ‘n mate dat ons selfs meer ingeskrewe lede het as die DA!
Ons kry selfs besoek uit Amerika, ja, daai ouens hou vir ons met al hoe groter belangstelling dop en hulle het sommer twee dae kom uitvis en bemoedig en vooruitskouing gegee. Interessant noem hulle die toeloop van lede die begin van ‘n “Thunderbolt effect”. Volgens hulle is daar ‘n geweldige terugkeer en soeke na volkswaardes soos oa kultuur en eenheid asook godsdiens soos ons voorouers dit geken het. (Nee, nie die nuwe tendens onder sommige om die Bybel te bevraagteken en allerhande snaakse goed nie.)
‘n Ander interessantheid is dat al meer mense ons verteenwoordigers bo verkose raadslede kies om sake en klagtes te bespreek. Hou in gedagte hier dat Front Nasionaal geen parlementere of munisipale setel het nie, maar desondanks nie huiwer om vorentoe te tree nie.
Ook opmerklik is dat opinie rondom veral arbeidskwessies by ons as politieke party gesoek word. Skynbaar vertrou werknemers nie hul vakunies meer soos vroeer nie.
Selfs landbousake bly nie agterwee nie.
Al hierdie veroorsaak egter dat die tekort aan gewillige hande ‘n groter probleem word. Selfs ons jeugleier ervaar erge druk. Daarom is dit nodig om onophoudelik te vra dat persone wat bereid is inspring en help swem.
Die ironie agter alles is dat, sedert sy ontstaan, Front Nasionaal slegs EEN advertensie in enige koerant, tydskrif of op enige media geplaas het, in ‘n klein weeklikse koerantjie in Noord Kaap. Alle besprekings word huidig nog op sosiale media gedoen op betreklik klein skaal deur onopgeleide, gewone mense met weinig steun van buite. Veral dit maak die Amerikaners opgewonde. Hierdie prestasie is volgens hulle ongewenaard in politieke kringe wêreldwyd. Ook hier het ons alle moontlike hulp nodig, al is dit hoe gering.
Wat wie ookal se, Front Nasionaal bars uit sy nate erger as enige ander politieke groepering wat selfbeskikking vir die blanke in Afrika voorstaan!

 

Artikel 3

Die “Havenga-verslag” oor verkragtings en die mites daaromheen

Die versameling van oudminister Klasie Havenga in die Vrystaatse en Pretoriase argiefbewaarplekke bevat meer as 50 verklarings deur boere, vroue en kinders oor hul ontberings gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog). Daar word vertel van aanrandings, die plundery van plaashuise en die mishandeling van veral vroue en kinders deur Britse soldate.

Gertruida Jacoba Bruwer verklaar byvoorbeeld op 28 Februarie 1902 voor assistentkommandant CC Froneman van Ladybrand dat ‘n Engelse patrollie op haar plaas aangekom het. (Sy noem nie die plaas se naam nie.) Sy verklaar dat dit op 21 Januarie 1902 gebeur het. Sy skryf: “Die Engelse het op ‘n barbaarse wyse op my geskreeu en gevloek terwyl ek hoog-swanger is en die ma van klein kindertjies is. Hulle (dié Engelse soldate) het in hierdie beangste oomblik my huis se meubels uitgedra en dit geplunder, daarna het hulle die huis afgebrand en die vee gedood. Hulle het ons net daar agtergelaat. Ek en my klein kindertjies het onder ‘n groot boom skuiling gesoek.” Mev Bruwer verklaar verder dat dieselfde Engelse patrollie op 27 Januarie 1902 teruggekeer het na haar opstal. Hulle het toe vir haar en mevroue Catharina Josina Koen, Gertruida Susanna Peyper en ene Anna le Roux aangejaag na die Engelse kamp by Maqualtingsnek. Die Maqualtingsnek-kamp was volgens mev Bruwer meer as ‘n halfuur te perd van hulle plaas af. Die Engelse het hulle te voet aangejaag, sonder kos. Mev Koen verklaar dat hulle reeds op daardie stadium vir ses dae met bitter min kos klaar moes kom, omrede die Engelse haar huis op 21 Januarie 1902 afgebrand het en al die vee gedood het. Na ure se stap kon sy later nie meer nie. Die Engelse patrollie het haar en mevroue Peyper en Le Roux en hul klein kindertjies net daar in die veld gelos, sonder kos of water. Mev Bruwer vertel hoe sy twee dae later geboorte geskenk het aan ‘n babadogter. Die kind is in die ope veld gebore.

Die Engelse patrollie het daarna vir ‘n verdere twee dae in die veld rondgeswerf met mev Koen alvorens hulle by die Engelse kamp te Maqualtingsnek aangekom het. Sy moes in hierdie twee dae te voet loop terwyl die Engelse te perd gery het.

Mev Koen het volgens haar eie verklaring voor assistentkommandant CC Froneman verklaar dat sy deur die Engelse kolonel Pilcher soos ‘n misdadiger uitgeskel is omrede haar man, volgens Pilcher, na bewering 18 swart Engelse soldate doodgeskiet het. Hy het haar gedreig dat hy swart Engelse soldate opdrag sou gee om haar brutaal te verkrag as haar man weer swart soldate sou doodskiet. Na ses dae van mishandeling en bitter min kos is mev Koen te voet terug na haar plaas. Toe sy by haar plaas aankom, was die opstal afgebrand en al die diere op die plaas geskiet.

Nog ‘n verhaal van afgryse en poging tot verkragting is die verhaal van Sarie Margariette Cilliers van die Kroonstad-distrik. Sarie verklaar voor landdros NF Keeve: “Ek en my suster, Hettie, en ons kinders het alleen op ons plaas, Elandsput gewoon, toe twee gewapende swart Britse soldate op 23 Desember 1901 daar te voet opdaag. Die een swart soldaat het my beveel om na die waenhuis te gaan. Ek het nie van sy astrante houding gehou nie, en het uit vrees na die huis gehardloop. Ons huis was ‘n twee-vertrek huis. Dit het bestaan uit ‘n woonvertrek en ‘n slaapkamer. Ek het na die slaapkamer gevlug. Die swart soldaat het my ongenooid gevolg. In die slaapkamer het hy my hard teen die kop geklap. Daarna het hy my verwoed met ‘n sambok oor die arms geslaan. Na hierdie brutale aanranding het hy my op die vloer neergegooi en toe het hy op my kom sit om my te onteer. Terwyl hy my vasgedruk het en my betas het, het ek gegil. My suster, Hettie, wat die petalje deur die kamervenster gesien het, het my te hulp gesnel en my ontset van hierdie swart soldaat se vergrype. Die swart soldaat het my toe gelos. Hy en die ander swart Britse soldate het toe die plaaswerf weer te voet verlaat.”
Die bogemelde verklarings is maar enkeles van baie. Daar is verklarings van ernstige aanrandings, mishandelings, plundery en verkragtings, oftewel ontering, soos wat dit geskryf staan in hierdie verklaring. Hierdie onterings is nie net deur Britse soldate alleen gedoen nie, maar ook deur hul swart meelopers.

Een van die skokkendste verklarings is dié van Johanna Catharina Geldenhuys van ‘n plaas in die Vrede-distrik. Sy het die verklaring op 5 Februarie 1902 voor kommandant A Ross van die Vrede-distrik afgelê. Sy vertel: “Ek en my tien jarige dogter, Talita Lootz, was op 22 Januarie 1902 alleen op die plaas toe Remington se patrollie by die plaas aangedoen het. Twee Britse soldate het my gegryp en na die kamer gesleep, terwyl ‘n derde soldaat die klere van Talita se lyf afgeskeer [sic] het. Toe sy nakend voor hom staan, het hy haar betas en gemolesteer. Ek kon dit nie verdra wat hulle aan die jong kind doen nie. Die twee soldate wat my gegryp het, het my erg geslaan en geskop. Ek het later op die grond gelê. Die soldaat wat Talita gemolesteer het, het die kind weggestamp en toe het hy my gegryp. Hy het my daar in die kamer voor my dogter onteer. Terwyl hy sy wellus op my uitgewoed het, het die ander twee soldate vir ons deur die kamervenster gestaan en kyk.” Wat na hierdie verkragting gebeur het, weet ons nie. Die verklarings maak geen melding van die gebeure daarna nie.

Volgens die vroue se getuienis in die ander verklarings was baie van die verkragtingspogings onsuksesvol omdat daar dikwels te veel vroue en kinders by ’n plaashuis was, of die vroue so verbete teruggebaklei het, of weens die gebrek aan ’n private plek vir die Britse soldate om die daad te pleeg. Die verklarings gee die leser ’n goeie idee van die ontberings wat hierdie Boervroue en hul kinders moes deurmaak wanneer hulle alleen op hul plase aan die genade van Britse soldate uitgelewer was.

Die vroue se verklarings is deur gerekende Boereleiers, onder wie generaals CR de Wet en JBM Hertzog, en ander, soos landdroste HH van Coller van Heilbron en SJ Wessels van Kroonstad, afgeneem. Al die verklarings is in 1901 en 1902 afgeneem, wat beteken dat dit gedurende die oorlog afgeneem is. Tog het daar vir dekades ’n wanopvatting geheers oor wat die werklike oogmerk en doel van hierdie verklarings in die Havenga-argieflêers was. Daar is vir lank gepraat van die sogenaamde Havenga-verslag en aangevoer dat Klasie Havenga, ná samesprekings tussen president MT Steyn, generaal Hertzog en dominee JD Kestell, opdrag gekry het om die vroue en kinders se verklarings in te versamel en te boekstaaf vir ‘n latere regsgeding oor al hierdie misdade wat die Britse soldate teenoor Boerevroue en kinders ten tye van die oorlog gepleeg het .

Met die uitbreek van die oorlog het die 17-jarige Havenga as klerk by ’n prokureursfirma in Bloemfontein gewerk, maar hy het dadelik by die Fauresmith-kommando aangesluit. Hy sou eers later in die regte gaan studeer, maar het wel in die oorlog as notaris en persoonlike assistent vir generaal Hertzog opgetree. Volgens die stories wat versprei is, was sy opdrag om ’n dossier op te stel oor al die oorlogsmisdade wat die Britse soldate gepleeg het en dit by die Haagse Konvensie in te dien. Daar is verder beweer dat Havenga weens die sensitiwiteit van die gedokumenteerde materiaal die saak toe nooit na die Haagse Konvensie verwys het nie, glo omdat hy bang was dat die inhoud daarvan sy politieke loopbaan kon benadeel, veral na Uniewording.

Geen historiese bron verskaf egter enige bewyse daarvoor dat hierdie opdrag aan Havenga gegee is nie, of dat hy ooit enige aspek van die misdade teen die vroue en kinders moes ondersoek nie. Dit is voorts amper ondenkbaar dat ’n staatshoof soos president Steyn, wat self ’n regsgeleerde was, iemand so jonk soos Havenga met so ’n sensitiewe saak sou belas het.
CM van den Heever bevestig in sy biografie van Hertzog dat dié Boeregeneraal gedurende die oorlog beëdigde verklarings by vroue afgeneem het. Hertzog het dit as deel van anti-Britse propaganda na die VSA en aan sekere Europese regerings gestuur. In nog ’n omvattende werk oor Hertzog word die volgende gesê: “Hertzog sou van aangesig tot aangesig kom met die Britse imperialisme in sy naakste vorm. Soos dit ’n goeie juris betaam, het hy sorgvuldig al die Engelse oorlogswanpraktyke as getuienis versamel.”1

Dit is dus onwaarskynlik dat Steyn en/of Kestell ooit enige opdrag aan Havenga gegee het. Die afneem van die verklarings was waarskynlik eerder ’n inisiatief van Hertzog. Een van die bepalings van die Vrede van Vereeniging was voorts dat daar op wedersydse amnestie vir albei partye in die oorlog ooreengekom is. Dit sou dus nie sin maak om ná die vrede ’n dossier van oorlogmisdade op te stel as beide partye die beginsel van wedersydse amnestie erken en aanvaar het nie.

Hoe het al die gedokumenteerde oorlogsmisdade dan in die Havenga-argieflêers beland?

Havenga was, in sy hoedanigheid as Hertzog se notaris en persoonlike assistent, heel moontlik daarvoor verantwoordelik om die verklarings te bewaar. Dit is in elk geval deur die argivarisse van sowel die Vrystaatse as die Pretoriase (Sentrale) argiewe onder die Klasie Havenga-versameling by die onderskeie argiewe ingeboek en vermoedelik het dit om dié rede as die Havenga-verslag bekend begin staan.

Havenga was ’n uiters privaat mens. Volgens Pieter van Breda, wat sy doktorale tesis oor Havenga gedoen het, het Havenga ’n moratorium op sy private dokumente geplaas en versoek dat dit eers 25 jaar na sy afsterwe vir die publiek oopgestel word. Havenga het in Maart 1957 weens komplikasies ná ’n maagoperasie gesterf en daarom is die vroue se verklarings eers in 1982 aan die publiek oopgestel.

Hul verklarings het heel moontlik per abuis en verkeerdelik deel geword van Havenga se persoonlike versameling. Hoewel Havenga nie die dryfveer was agter die afneem van die verklarings nie, het hy wel ‘n belangrike rol gespeel deur dit vir die Afrikaner-nageslag te bewaar.

 Jan JP van der Merwe 2014-01-21

Havenga

 

Enjoyed this post? Share it!