De Klerk is nog nie behoorlik in die nuus nie en word klaar aangekla van “gronddiefstal”

‘n Misdadiger wat pas uit die tronk vrygelaat is, het ‘n klagte van diefstal teen FW de Klerk gelê by die polisie in Johannesburg vir diefstal van grond.

Kenny Motsamai wat skynbaar verbonde is aan die radikale Azanian People’s Liberation Army, sê De Klerk moet verduidelik hoe hy dit reggekry het om 87% van die land te besit, terwyl hy net in ‘n klein erfie bly.

In ‘n tweede saak teen De Klerk, het lede van die ewe radikale Black First Land First beweging in Kaapstad klagtes teen De Klerk en Adriaan Vlok gelê vir misdade teen swart mense.

Skynbaar word nog klagtes van rassisme teen De Klerk ook oorweeg deur die groep.

‘n Woordvoerder van die FW de Klerk Stigting sê hulle is glo nie bekommerd oor die klagtes nie omdat die Waarheid en Versoeningskommissie (WVK) bevind het dat De Klerk nie verbind kan word met menseregteskendings nie.

Kenners waarsku egter dat met die nuwe radikale politieke winde wat in die land waai, die hele WVK-proses selfs tersyde gestel kan word.


Enjoyed this post? Share it!