De Lille se politieke loopbaan tot ‘n einde

Dit wil voorkom of Patricia de Lille se politieke loopbaan tot ‘n einde gaan kom.

Dit volg nadat haar eie party haar geskors het hangende ‘n ondersoek.

De Lille was die afgelope tyd in verskeie “skermutselinge” en bewerings van wanbestuur. Openlike beskuldigings is heen en weer geslinger.

Die DA het skynbaar sy mes in vir De Lille. Sy is aanvanklik geskors van al die DA se bedrywighede terwyl die ondersoek teen haar aan die gang is. Nou dreig die DA om ‘n mosie van wantroue teen haar in te stel in die Kaapse stadsraad, wat haar finale val sal beteken. Hulle het haar egter tot more gegee om redes aan te voer waarom sy nie as burgemeester moet bedank nie.

De Lille het egter te kenne gegee dat sy nie goedsmoeds haar goed betalende pos gaan verlaat nie, en dreig reeds met regsoptrede, nog voordat sy haar redes aan haar party verskaf het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!