Departement van Gesondheid in Gauteng bankrot

Die Gauteng se departement van gesondheid is tegnies bankrot.

Dit volg nadat die LUR vir gesondheid, Gwen Ramokgopa, erken het dat sy geen geld het om eise vir nalatigheid te betaal nie. Regskenners wys daarop dat as iemand erken dat hy skuldeisers nie kan betaal nie, dit ‘n daad van insolvensie is.

Skynbaar vind daar soveel nalatigheid plaas in die Gautengse gesondheidsdienste, dat eise instroom. Tans moet Ramokgopa se departement reeds R13 miljard se eise uitbetaal, waarvoor sy geen geld het nie. As die eise wel uitbetaal moet word, sal sekere hospitale en klinieke hulle deure moet sluit.

Medise kenners sê dalk is dit inderdaad beter as die instellings sluit, want as daar soveel nalatige optredes daarbinne plaasvind, is dit veiliger om die plekke toe te maak.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!