Des van Rooyen kap na Gordhan

“Ons kan die konflik tussen ministers oplos as ons onder een dak vergader”, is die trooswoorde van ’n moedelose ANC Sekretaris-Generaal.

Gwede Mantashe het glo gister ’n beroep gedoen op ministers om nie hulle wasgoed in die openbaar te wil was nie, maar eerder bymekaar moet kom om die stryd te beëindig.

Mantashe het die media in Johannesburgtoegespreek nadat die ANC se vergadering van sy werkkomitee.

Die uitlatings is gemaak nadat verskeie harde woorde geuiter is deur president Zuma se voormalige Minister van Finansies, Des van Rooyen.

Van Rooyen, wat slegs twee dae die amp as Minister van Finansies beklee het, beskuldig Minister Gordhan daarvan dat hy die Valke eenheid ondermyn deur te weier om ’n verklaring af te le.

Gwede Mantashe het gesê hy betreur dit dat Des van Rooyen gekies is om oor ’n saak te praat waarby hy nie betrokke is nie, maar wat deur die Umkhonto weSizwe Military Veterans Association gevra is om sy mening te gee.

Hy het glo bygevoeg dat hy sou die taak veel beter gedoen het as Van Rooyen want hy is veel beter gekwalifiseer daarvoor.

Volgens Mantashe sê terugskouend het die veterane waarskynlik besef hulle het ’n fout gemaak om hulle te bemoei met die aangeleentheid.

’n Volkekundige van Pretoria sê dit is duidelik dat die ANC in ’n ernstige fase van verdeeldheid is, en dit kan die land ekonomies tot rommerstatus ruk in die volgende maande.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!