Die aarde behoort aan die Here

Daar heers groot wanopvattings oor eiendomsreg. Hierdie opvattings staan ook lynreg teenoor mekaar en is onversoenbaar. Die verskillende beskouings oor eiendomsreg het al in die verlede tot groot oorloë gelei en ook tot volksmoorde. Ons het in die afgelope eeu gesien hoe Kommuniste miljoene mense uitmoor om hulle grond af te neem. Die ergste menseslagtings is deur Stalin in die Sowjet-Unie en Mao Tse Tung in Sjina gepleeg. Ook in Suid-Afrika veroorsaak hierdie verskillende beskouings groot spanning en dreig om die sogenaamde ‘Nuwe Suid-Afrika’ finaal te vernietig.

  1. Verskillende beskouings van eiendomsreg:
  • Humanistiese beskouings:
  • Die Klassiek-Liberale (Libertynse) beskouing

Volgens hierdie beskouing is privaateiendomsreg onaantasbaar. Die vrye-mark (vrywillige koper en vrywillige verkoper) reël die verhandeling van alle bates en dus ook vaste bates soos grond. Die staat is ‘n gewone party tot sulke transaksies. In hoogs uitsonderlike gevalle sou die staat grond kon onteien vir die skepping van infrastruktuur. Normaalweg is die staat se rol beperk tot die beskerming van die partye se regsbelange en die registrasie en byhou van transportaktes. Hierdie beskouing respekteer dus ook die bestaande eiendomsreg van die verlede. Dit is ‘n humanistiese beskouing wat die individuele mens verhef tot die hoogste gesag.

 

  • Die Marxistiese beskouing

Volgens hierdie beskouing bestaan daar geen privaateiendomsreg nie. Die staat beskik oor die aanwending en toekenning van bates en ook vaste bates soos grond. Alle bestaande reg op privaateiendom word dus ontken en as gemeenskaplike (staats)-eiendom beskou. Volgens hierdie beskouing is dit dus ook nie nodig om enige vergoeding te betaal vir die onteiening nie. Dit is ‘n humanistiese beskouing wat die kollektiewe gemeenskap verhef tot die hoogste gesag. In die praktyk word die staat verafgod as die hoogste gesag.

 

  • Die Imperialistiese beskouing

Volgens hierdie beskouing is dit geregverdig dat ‘n staat/volk/keiser beheer oorneem oor ‘n ander se grondgebied op grond van hul meerdere status, krag of insig. Die antieke ryke is bekende voorbeelde van imperialisme. Die Britse ryk; die Soviet-Unie; en die Nazi-ryk is onlangse voorbeelde. Ons leef tans in die tyd van Amerikaanse imperialisme. Afhangende van die ryksbeskouing,word privaatbesit soms toegelaat, maar dan steeds ondergeskik aan die oorkoepelende eiendomsreg van die staat. Hierdie is ook ‘n verabsolutering van die staatsgesag.

 

  • Liberalistiese beskouing

Die beskouing staan ook bekend as die ‘demokratiese’ beskouing. Hierdie beskouing probeer die Klassiek-liberale, die Marxistiese beskouing en die Naturalistiese-beskouing (wat ons hieronder sal bespreek) versoen. Dit kom in die praktyk daarop neer dat privaat eiendomsreg erken word vir sover dit deur die sogenaamde ‘openbare mening’ goedgekeur word. Die media propageer die ‘openbare mening’ en die massa volg. Die Illuminati[i] besit die media en hulle manipuleer die massa mense om hul geheime agenda te ondersteun. Groot maatskappye se eiendomsreg word erken, solank hulle ook die Liberalistiese agenda ondersteun. Klein grondbesitters se eiendomsreg word ook erken, maar aan hulle word voorgeskryf hoe hulle hul eiendom moet bestuur. Dit is ‘n humanistiese beskouing wat die kollektiewe gemeenskap verhef tot die hoogste gesag. In die praktyk word die staat verafgod as die hoogste gesag.

 

  • Die Naturalistiese beskouing (“Environmentalist”):

Hierdie beskouing in sy mees ekstreme vorm, beskou die mens as ‘n parasiet op die aarde. Hulle is selfs ten gunste van massa-uitwissing van mense. Hulle propageer egter nie altyd hierdie extremistiese beskouings nie, maar eerder ‘versagte agendas’ wat dan aanklank vind by mense wat omgewingsbewaring as belangrik beskou en gewalg word deur dieremishandeling en nywerheidspraktyke wat die natuur vernietig. Uiteindelik word omgewingsbewaring egter wel tot bevordering van ekstreme maatreëls gedryf. Hierdie beskouing stel ook privaatbesit heeltemal ondergeskik aan kollektiewe naturalisme. Dit verhef die natuur tot ‘n godheid en beskou ook die staat as die hoogste gesag om die naturalistiese beskouings af te dwing.

 

  • Die Afrika-beskouing:

Volgens die Afrika-beskouing regeer die sterkste en daarom behoort alle eiendom aan die hoofman. Hy is die hoogste gesag, maar hyself is ook maar uitgelewer aan die bonatuurlike magte van die voorvadergeeste, die natuurgode en die toordokter. Solank die hoofman in hulle guns kan bly, is hy die aardse oppergesag. Die Afrika-kultuur word ook gekenmerk deur voortdurende magstryd. Die sterkste oorleef en sy gesag word ongekwalifiseerd aanvaar. Hierdie beskouing erken geen privaat grondbesit nie. Die Afrika-kultuurgeskiedenis ken ook geen privaat grondbesit nie. Dit is anders by die Westerse kollektiewe beskouings. Die Westerse beskouings wat privaatbesit misken, het wel ‘n begrip daarvan omdat privaatbesit ‘n integrale deel van die Westerse kultuurgeskiedenis uitmaak. Die Afrika-kultuur het egter geen begrip van privaat grondbesit nie.

 

  • Die Bybelse Beskouing;

Ps 24:1,2 ‘n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.

Ps50:12  As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.

 

Hieruit is dit duidelik dat God die eienaar van alles is. Ons is slegs rentmeesters oor die eiendom. God het in Gen 1:26-31 die mens as rentmeester aangestel om oor die natuur te heers. Die Bybel erken deurgaans privaatbesit in die sin van privaat-rentmeesterskap:die agste gebod is “jy mag nie steel nie”. Daaruit is dit duidelik dat jy respek moet hê vir privaatbesit. Vergelyk ook Deut 22:1-4. Die Bybel lê ook sterk klem op privaat grondbesit: Job 24;2; Spr 22:28; 23:10; Hos 5:10. Dit is ook duidelik uit bv Hand 5:4.

Ook vererwing van grondgebied word deur die Bybel voorgeskryf: Num 27:8-11; Num 36:7-9 ens. Ons sien hier dat ons Vader baie klem lê daarop dat grondgebied binne die stam (groter familie) moet bly. Dit was dan ook Nabot se motivering waarom hy geweier het om sy wingerd aan die koning te verkoop (1 Kon 21:3).

 

  1. Samevatting:

Die Bybelse beskouing staan lynreg teenoor die humanistiese beskouings daarin dat God die alleeneienaar is teenoor die humanisme se verabsolutering van die staat of die individu. Die oppervlakkige ooreenkoms met die Liberale beskouing van vrywillige verkoper en koper, is ‘n illusie, want die oppergesag van God moet altyd sentraal staan in ‘n ware Bybelse beskouing. Die Bybelse beskouing is ook onversoenbaar met die naturalisme se verabsolutering van die natuur en ook met die Afrika-beskouing wat privaatbesit minag.

Die Bybel leer ook uitdruklik dat dit ‘n wanopvatting is dat die staat absolute mag het om eiendom te vervreem en te herverdeel volgens die sosialistiese (Marxistiese) ‘gelykheids beginsel’.

1 Sam 2:7  Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.

Dan 4:32 (c)… erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil. (Vgl ook Job 40)

Hieruit leer ons dat God beskik oor besitreg. Hy gee aan wie Hy wil en neem weg van wie Hy wil. Dit is dus ‘n illusie dat die ANC die mag het om eiendomsreg (soos plase) van ons kan wegneem uit eie krag. Soos Jesus aan Pilatus gesê het in Jn 19:11 (a)  U sougeen mag teen My hê as dit u nie van bogegee was nie.

 

Hieruit moet ons nie aflei dat ons eiendomsreg onaantasbaar is en dat God nie sal toelaat dat ons eiendom ons ontneem kan word nie. Inteendeel! God gebruik dikwels vreemde regerings om Sy volk te straf as ons nie gehoorsaam is nie. Dit sluit ook in dat Hy Sy volk se eiendom vervreem.

Dt28:33  Dievrugte van jou land en al jouwerksal ‘n volkeetwatjynie ken nie; en jysalaltyddeur net verdruk en hard behandel word.

Dt28:43  Dievreemdelingwat by jou is, salhoër en hoëroorjouopklim; en jysallaer en laerafsak.

 

Die ware Bybelse perspektief oor eiendomsreg is dus totale afhanklikheid van die almagtige God. Ons hele lewe – en dus ook die grond waaroor ons aangestel is, moet ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer wees(Rom 12:1). Rentmeesterskap beteken verantwoordelikheid teenoor God (nie teenoor die staat nie) – ook ten opsigte van die natuur. As ons hierdie verantwoordelikheid nie nakom nie, of as ons God se heeskappy oor alle eiendom misken, oortree ons God se opdrag en moet ons ook die straf daarvoor verwag.

 

Ons mag nie die dreigemente en oënskynlike mag van die aardse heersers vrees nie (Open 21:8). Ons moet God alleen vrees en net op Hom vertrou (Mat 10:28; Ps 28:7)

Ons moet ook nie die valse profete glo wat voorgee dat ons toestand nie so erg is nie.

Jer 6:14 en 8:11  Enhullegenees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikstemanierdeurtesê: Vrede, vrede! —terwyldaargeenvrede is nie.

 

Ps 24:3-6  Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?

Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.  Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.

 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek—dit is Jakob. Sela.

[i] Geheime organisasie wat hul beywer vir wêreld heerskappye.

Jann Schlebusch


usurer1

Enjoyed this post? Share it!