Die alliansie tussen die DA en die EFF

Sydney Gregan:

“Die DA se sosialisme en die EFF se sosialisme verskil net oor die metode van grondonteiening; nie oor die beginsel nie. Die DA en die EFF het dan ook reeds in die parlement saamgespan teen die ANC. Nou kan die huwelik amptelik voltrek word. Dit gaan dus nie oor verskil in beleid nie, maar om ‘n opponent te verslaan wat (volgens die DA) korrupter as Malema is! So gesien, kan die DA ewe maklik met die ANC in alliansie gaan… Nou wonder ek net of daardie Afrikaners wat DA gestem het tevrede is dat die DA en die EFF vir hulle moontlik ‘beter dienste’ gaan lewer, maar gaan saamspan om die Blanke (hulle mede-Afrikaners) van sy grond te ontneem? En wie gaan in elk geval vir die beter dienste betaal? Het ons politiek so oppervlakkig geword dat dienslewering die einddoel van ons bestaan geword het?… Die alliansie tussen die DA en die EFF is ‘n logiese stap tussen partye wat dieselfde uitgangspunte handhaaf juis omdat hulle die Grondwet onderskryf. As jy dus vir die DA gestem het kon jy netsowel vir die EFF gestem het. ”

Bron: Praag


 

Enjoyed this post? Share it!