Die ANC laat Chinese nou toe om ons land in te stroom – is dit tog nie ook dalk ‘illegal alien’ besetting nie

Die nuwe kolonialiste het gearriveer. Sonder ’n woord het die Suid-Afrikaanse regering toegelaat dat sowat 400 000 Chinese die land ingekom het oor die afgelope 6 jaar. Die meeste van hulle kom van die Fujian Provinsie in China en is al oral in Suid-Afrika versprei.

Selfs in die mees afgeleë gedeeltes van Suid-Afrika verskyn tussen 6 000 en 12 000 Chinese winkels. Daar word beweer dat dit goed georganiseer is deur China en die Suid-Afrikaanse regering.

Professor Colin McCarthy, afgetrede professor van die Universiteit van Stellenbosch beweer dat al die bewyse daarop dui dat die projek om hierdie netwerk van Chinese winkels wat dieselfde mark teiken, baie goed nagevors was, goed beplan was en goed gefinansier is.

Die jong werklose paartjies van die Fujian Provinsie het by hierdie netwerk ingeskakel en verskaf goedkoop Chinese plastiekware, produkte en klere, na ’n winsgewende kleinhandel ketting, baie groter as Pick ’n Pay, Pep Stores of Edgars. Om sake te vererger is die meeste van die Chinese winkels nie geregistreer nie en betaal hulle geen belasting in Suid-Afrika nie.

Ook nie eers op die invoer of uitvoer van produkte nie. China se klere uitvoer na Suid-Afrika was in 2010 R11,3 biljoen, terwyl Suid-Afrikaanse statistiek wys dat die invoer van klere uit China meer as R6,7 biljoen beloop. Dit beteken dat daar in een enkele jaar klere ter waarde van R4,6 biljoen onwettig in Suid-Afrika aangekom het.

’n Werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het die aap uit die mou gelaat dat ’n klein Chinese winkeltjie in ’n vêrafgeleë gebied, handel dryf en toe die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ’n ondersoek op hulle doen, het hulle R1,2 miljoen onder die toonbank gevind.

Janet Wilhelm van HSTC sê: “Dit is ongelooflik hoe soveel mense die land ongesiens kan binnekom”. Sy haal die polisie se ondersoek eenheid aan dat die Chinese na Suid-Afrika reis, per pad, oor Mbabane, Maputo en Maseru met vals identiteitsdokumente.

Patrick Chong, voorsitter van die Chinese Assosiasie van Suid-Afrika sê: “Baie van hulle kom die land in met toeriste of studente visums en dan bly hulle eenvoudig net in die land”.

Navorsers van Noseweek het die Chen Familie dopgehou en gevind waar een pionier onwettig in Suid-Afrika gevestig het, het hulle binne 4 – 12 jaar tot 172 lede vermeerder en hulle het versprei oor Lesotho en dryf handel met hulle Chinese produkte.

Wat nog meer onheilspellend is, is dat die ANC die Chinese amptelik as “geëerde swartes” (B.E.E.) beskou. Die hele Chinese eksperiment is deeglik beplan en groot somme geld is betrokke en gaan na invloedryke Suid-Afrikaanse politici.

Ironies dat terwyl populiste soos Malema en Shivangu rondloop en grond en minerale vir die Suid Afrikaanse mense eis, laat die ANC ten minste nog 10 miljoen onwettige immigrante uit Zimbabwe, Nigerië, Mosambiek, Angola en Zambië in die land toe….


Enjoyed this post? Share it!