Die apartheid leuen

leun van apartheid
Koerantplakate bassuin vandag “Apartheid was blanke regstelaksie”.
Dit is die misplaaste mening van UP se professor Christi van der Westhuizen, uitgespreek tydens die Mistra-konferensie gister in Johannesburg.
In tipiese polities-(in)korrekte trant word die gerieflike strooipop wéér opgestel en met neo-rassistiese bravade aangeval.
Wie afsonderlike ontwikkeling wil verstaan, of kritiseer, moet ten eerste oor ´n redelike kennis van die stelsel, sy begronding en doelwitte beskik.
Verder, behoort enige ontleding met sowel die werklike inhoud (nie propaganda nie!), as die konteks daarvan, rekening hou – jy kan nie ´n stelsel ontleed bloot vanuit die oogpunt van eie vooroordele nie.
Die stelsel van afsonderlike, gelyke ontwikkeling verklaar homself tot groot mate:
Dit gaan oor ONTWIKKELING, nie selfverryking of eiebelang nie.
Dit gaan oor GELYKE ontwikkeling, uit die staanspoor met blanke geld.
Dit was ´n uitdruklike vertrek van Engelse kolonialisme en rykdom-stroping.
Benewens ´n deeglik begronde stelsel, was dit redelik ewewigtig teenoor alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. Die omvang van omstandighede en faktore kan egter kwalik in een rubriek selfs net oorsigtelik toegelig word.
Enkele kritiese meulsteune, wat uit die staanspoor teen afsonderlike ontwikkeling saamgespan het, moet in gedagte gehou word:
Engelse belange-politiek en geldbelange, gesteun deur die jingo-pers.
Party-politieke voetsleep, óók uit liberale volks- en sakekringe.
´n Onwilligheid van swart volke om te werk vir die nodige eie ontwikkeling.
Ongebreidelde swart bevolkings-aanwas.
Gedagtig aan die risiko van ´n kort antwoord, is die sinvolle antwoord op hierdie liberale neo-rassistiese aanslag om die kerne van afsonderlike ontwikkeling te vergelyk met die huidige “demokrasie”. Tasbare werklikhede vertel die waarheid!
Afsonderlike ontwikkeling aanvaar die werklikheid van verskille, maar óók die billikheid van gelyke aspirasies. Dit soek die antwoord in suiwer beginsels, geanker in die Christen-protestantse geloofswaarhede.
‘Demokratiese NSA’ berus op die valse skimme van humanisme en “menseregte”. Nuwe “werklikhede” word versin om enige vergryp te probeer regverdig.
Die tasbare werklikhede van beurtkrag, watertekorte, dreigende hongersnood, swak en geen dienslewering spreek vanself.
Afsonderlike ontwikkeling was ´n tydvak van ongekende ekonomiese groei, infrastruktuur-ontwikkeling en algemene vooruitgang, wat ten spyte van dekades-lange aanslae in stand gehou is, en steeds (´n kwynende) vrug dra.
“Demokratiese NSA” word gekenmerk deur ´n stagnerende ekonomie, ongekende toename in algemene armoede en verval van infrastruktuur, wet en orde, regsgelykheid en veel meer wat opgebou was.
Die tasbare werklikhede van korrupsie, onproduktiwiteit en ´n skatryk swart politieke elite, spreek vanself.
Afsonderlike ontwikkeling was ´n ontwikkelingsplan wat binne die werklikhede van sy tyd uiteenlopende belange probeer dien het, met ´n langtermyn-visie.
Waar daar foute van toepassing voorgekom het, moet deeglik onderskei word tussen foute (alle mense fouteer), en planmatige onregpleging.
“Regstellende aksie” in al sy betekenisse sedert 1994 berus op vervalste aspirasies, gevoed deur ´n drang na onmiddelike bevrediging. Die hoeksteen is herverdeling, eerder as die skep van rykdom deur produktiewe en planmatige ontwikkeling.
Die tasbare werklikheid van populistiese retoriek, eerder as staatkundige leierskap, op elke regeringsvlak, spreek vanself.
Afsonderlike ontwikkeling het voorts aanvaar dat die blanke belastingbetaler, wie in sy eie land sy eie heenkome wil uitwerk, die aanvangskapitaal vir swart ontwikkeling in sý land aan die swartman moet gee – wat oor dekades heen ook gedoen is.
Die duidelik-verklaarde teenprestasie was dat elke swart volk daardie geleenthede sou neem en op voortbou.
Die destydse swart nasionaliste in die TBVC-lande het dit inderdaad begin doen.
Maar swart kommuniste het verkies om die kortpad van plunder en geweldpleging te volg – hoe meer blankes en swart nasionaliste gebou het, hoe meer het swart anargiste afgebreek!
Die beweerde agterstande waarmee die NSA dus worstel, is nie deur “apartheid” veroorsaak nie, maar deur die terroriste-stryd teen afsonderlike ontwikkeling.
Hierdie “agterstande” is deur twee dekades van kommunistiese doktrines vererger.
Dít is die ware nalatenskap van apartheid.-Die apartheid leuen – ´n eerlike perspektief
November 6, 2015 – Menings – 1 comment
 
Dít is die ware nalatenskap van apartheid. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!