Die DA het ook interne probleme, daar is ook rugsekery sigbaar.

Mmusi Maimane is skynbaar besig om enige moontlikheid van Helen Zille om herverkies te word tot die party se provinsiale leierskap teë te staan.

Zille is glo genader deur top Wes-Kaap DA lede om weer beskikbaar te wees vir die provinsie se leiersposisie.

Maimane het die proses begin waarin Zille aangekla is oor haar pro-kolonialistiese uitlatings.

Skynbaar is daar erge spanning tussen Maimane en Zille oor die rigting waarin Maimane die DA stuur.

Zille het egter aangedui dat sy nie belangstel in ‘n posisie in die Wes-Kaapse DA se bestuur nie.


Enjoyed this post? Share it!