Die dag as raskrete verkragtingskrete uitdoof, weet ons dat Kulturele Marxisme geseëvier het en ons is regtig in die moeilikheid.

Die opskrifte in die hoofstroom Sondag-koerante het die groot skeiding in die land dié naweek so duidelik geïllustreer. Gillian Schutte het met groot behae ʼn ras-herrie ontketen rondom regter Mabel Jansen toe sy met ʼn ou Facebook-gesprek, een wat dié twee ʼn jaar of wat gelede in ʼn vertrouensverhouding gehad het, vorendag gekom het.

Rapport het regverdig probeer vasstel wie dié wydbeskinderde regter is. Wat Schutte gedoen het, is niks anders as wat spioene doen nie. Sy het iemand se vertroue verbreek om haarself te bevorder.
Anders as die Sunday Times het Rapport ʼn besliste poging aangewend om uit te vind presies wie die regter is, terwyl dwase skinderbekke getier het en haar kop geëis het. Hierby ingesluit daardie onbeduidende organisasie, die Black Lawyers Association, wat steeds bly klou aan sy rassistiese naam.

Rapport het onthul Jansen het ʼn aantal nabye vennote en familielede, ook swart familielede, wat haar ondersteun. Die koerant het liefderyk blyke gegee van haar oorvloedige goedheid jeens hulle as familie en hoe sy deur die jare daartoe bygedra het om hul lewens te verbeter.

Die soetsappige Sunday Times het haar nie net “Mampara of the Week” gemaak nie, maar onder op die voorblad ʼn prikkel gedra wat lees: “Regter Jansen behoort die pyn van vooroordeel goed te ken.” En ken sy dit nie maar te goed nie! As vrou ken sy verkragting vir die euwel wat dit is, maar as regter wat dag in en dag uit met die harde werklikheid van misdaad te doen het, spook die impak van dié epidemie by haar. Dit is waarom sy aangebied het dat Schutte haar leggers oor verkragting kan nagaan.

Maar nee, die kommissaris wat munt wil slaan sal eerder haar vertroue skend as om haarself te vergewis van die omvang van die misdaad, sonder aansiens des persoons. Die pynlikste aspek van die gesprek – dat verkragting die euwel van swart Suid-Afrika is – berus dalk op feite, nie net omdat die meeste verkragters swart (bruin en Indiër ingesluit) mans is nie, maar ook omdat dit statisties haalbaar is, gegewe die demografie van die land.

Die Black Lawyers Association spring op en af, swaai plakkate en verkondig dit van die dakke:
“Jansen moet waai”; “Rassisme is ʼn misdaad teen die mensdom” en “Black Lawyers Association eis ʼn regstelsel vry van rassisme”. Maar het ons hulle ooit só fel hoor skreeu teen verkragting en “korrektiewe verkragting”, daardie veragtelike term wat in swart geledere ontstaan het? Die feit dat die ophef oor rassisme ʼn miljoen desibels meer is as teen verkragting wys net hoe siek ons as ʼn nasie is.verkragting

Die ongemaklike vraag is, waarom?

ʼn Deurtastende ondersoek na die voorkoms van verkragting op ons kampusse sal daarop dui hoe grondig verkragting ingebed is in die sosio-kulturele milieu en kontekste waarin ons ons in Suid Afrika bevind. Ek praat nie hier van verkragtingstatistieke nie, maar van werklike voorvalle wat na vore kom in dissiplinêre komitees en tribunale. Hoewel ek nie so ʼn ondersoek gedoen het nie, was ek vir ʼn lang ruk op die dissiplinêre tribunaal van ʼn universiteit. Die taal wat jong swart mans gebruik om swart vroue op kampusse ondergeskik te maak laat my hare rys. Talle vrouestudente sal dit byvoorbeeld verswyg dat hulle hoër punte behaal het as hul medestudente wat mans is – net om nie daaroor geviktimiseer te word nie. Ek het dikwels gehoor hoe jong mans getuig dat hulle hul vriendinne slaan omdat “sy in die plek waarvandaan ons kom haar plek ken, maar hier op universiteit is sy aanstellerig omdat haar punte hoër is”.

Ek kan nie eens begin uitwei oor die kulturele rommel wat studente saam met hulle koshuise toe bring nie. Hoe anders moet ʼn mens die ernstige kon×ik tussen swart mans- en vrouestudente en die voortdurende beskuldigings van verkragting op kampusse, van die Universiteit van Kaapstad tot Rhodes tot Wits, verstaan? En ja, dit gebeur dikwels dat vrouestudente beskuldigings van verkragting gebruik om voormalige kêrels te verneder, in gevalle waar die seks met instemming plaasgevind het.

Ek het die verklarings gedokumenteer wat talle jong manstudente gegee het ter verdediging van aanklagte van seksuele teistering, afspraakverkragting en seksuele geweld wat teen hulle ingebring is. Wat ek gedoen het, is om hulle einste kultuur-gelade argumente te gebruik om jong mans en vroue op kampus te leer. Ons was ʼn diverse span vroue, wat ingesluit het die hoof van die koshuis en studenteberading, wat gesamentlik gehelp het om diskoerse van eiegeregtigheid, wat hulle as swart vroue maar te goed begryp, te dekonstrueer.

1920550_1392192031057387_1195961973_n
Deur die analogie van ras- en genderdiskriminasie te gebruik het ek probeer aandui dat as ʼn mens aandring op rassegelykheid jy gelykheid ook vir vroue moet gun. Dit is nie vanselfsprekend nie en die gender-gelykheideenheid het heelwat bewusmakingsprogramme aangebied om dié boodskap oor te dra, of dit nou in die klas of by die koshuise was.

Maar terug by regter Mabel. In plaas daarvan om verskoning te maak vir die haatlike patriargale kultuur wat in ons townships, informele nedersettings en landelike gebiede heers, was Gillian Schutte, die hoofinkwisiteur, skandelik onverantwoordelik deur na publisiteit te soek in ʼn konteks van gevaarlike politieke korrektheid. Sy moet ʼn bietjie ondersoek waarom die verkragtingskultuur voortduur en waarom regter Jansen herhaaldelik probeer het om die erns van die probleem by haar tuis te bring: “Ek moet vir jou 10, 20, 30, 40 leggers gee en jy sal ʼn heeltemal ander ingesteldheid kry. Wit mense het baie om voor verantwoording te doen. Maar dit? Dit voel of ek wil naar word … Swart mense is gewis nie naastenby engele nie.”

Ek wou eweneens naar word toe ek na die dokumentêr Lost Girls in SA sit en kyk het, en die dokumentêre programme wat op Checkpoint en Special Assignment vertoon is oor die “sugar daddies” en die “Blessers”, ouer mans wat meisies by skole ontmoet en hulle met wat nie al nie oorlaai in ruil vir seks. Gʼn wonder ons kry dit net nie reg nie om iets te doen aan die verskriklike MIV/vigs-statistieke, in die besonder onder jong meisies.

Dit lyk asof ons net nie uit die groef van seksuele geweld kan breek nie. En dan moet ʼn mens nie vergeet nie dat die ANC voor 1994 politiek gesproke bepaalde seksistiese sienings gehandhaaf het dat vryheid vir vroue ʼn verdelende faktor sou wees en dat “bevryding vir vroue ondergeskik was aan nasionale bevryding”.

Dié kulturele sentiment is nie net gedokumenteer nie, maar is hier én in die buiteland ook deur dié bevrydingsorganisasie uitgeleef. Dit is die rede waarom vroue in leiersrolle in die bevrydingsbeweging ver meer militant en uitgesproke was as hulle geleerde manseweknieë.
Ons moet afreken met die ontkenning dat ʼn verkragtingskultuur bestaan. Eweso met die ontkenning dat ʼn verkragtingskultuur spesifiek manifesteer in sekere rassegroepe wat swaar dra aan kulturele rommel wat geweld jeens vroue regverdig.

Die dag as raskrete verkragtingskrete uitdoof moet ons weet ons is regtig in die moeilikheid.

Rhoda Kadalie


Sien ook: Schutte ‘verbaas’ dat regter Jansen ‘slagoffer’ speel& My ma nie rassis


 

Enjoyed this post? Share it!