Die een hand was die ander een: Dlamini-zuma vs. Zuma

As daar ooit enige twyfel was oor die verhouding tussen die huidige ANC-leier, Jacob Zuma en sy eks-vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, het laasgenoemde dit finaal uit die weg geruim.

Dlamini-Zuma het gesê dat sy nie vir Jacob Zuma sal herroep as staatshoof, sou sy die ANC se leiersverkiesing van Desember wen.

Daar is baie bespiegelinge oor wat die lot van Jacob Zuma gaan wees na die leiersverkiesing in Desember. Toe Zuma as partyleier verkies is, het hy sy invloed gebruik om Thabo Mbeki as staatshoof te “herroep”.

Dlamini-Zuma is nie van plan om dit te doen nie, wat beteken dat Zuma nog vir meer as ‘n jaar kan voortgaan met die kaping van die staatskas, onder die goedkeurende toesighouding van Dlamini-Zuma vanuit Luthuli-huis.


Enjoyed this post? Share it!