Die feesgety eis weer baie lewens op ons paaie

Die dodetal op die land se paaie styg steeds, en net in Noord-Transvaal is reeds meer as 100 mense dood in padongelukke.

Veral onpadwaardige voertuie, roekelose bestuurder van veral taxi’s, en dronkbestuurders is hiervoor verantwoordelik. Voetgangers steur hulle ook nie aan verkeersreëls nie en loop waar hulle wil en waar dit onveilig is, en dit lei ook tot talle ongelukke.

In Durban is reeds meer as 160 dronkbestuurders in hegtenis geneem, en nog padblokkades word beplan.

Tien mense het reeds oor die Kersnaweek op die Wes-Kaapse paaie gesterf.

Ook in Johannesburgse is daar volgens die Metropolisie ‘n “skokkende getal dronkbestuurders” op die stad se paaie. Meer as 520 motoriste is sover tydens die langnaweek in hegtenis geneem omdat hulle onder die invloed van alkohol bestuur, en sedert die begin van die maand is al meer as 1 200 dronkbestuurders gearresteer.


Enjoyed this post? Share it!