Die Geheimsinnige Hoek Verslag – Dis Al Wat Ons Weet…

Kort voor die sluipmoord op Dr. Verwoerd het hy as Eerste Minister, vir Professor Jan Hoek opdrag gegee om ondersoek in te stel na die mag wat die Anglo American, op die Suid Afrikaanse groter ekonomie, en veral op Politieke gebied in Suid Afrika uitgeoefen het. Hy het selfs vir Anglo American verbied om besigheid in die Tuislande te doen, met goeie rede?

Wat Professor Jan Hoek toe opgestel het, het in parlementêre kringe as ‘Die Hoek Verslag’ bekend gestaan.

Dr. Verwoerd is egter binne in die Parlement, deur Demitrio Stafendas vermoor nog voor die Hoek Verslag klaar was. Demitrio Stafendas was ‘n gelyste Kommunis en kon as gevolg van sy ‘Rooi Lêer’ by die ’Buro van Staatsveiligheid’ dertien keer agtereenvolgend, nie daarin slaag om die land binne te kom nie. Kort voordat hy Dr. Verwoerd binne in die Parlement met ‘n dolk in die hart doodgesteek het, het hy ten spyte van die genoemde lêer daarin geslaag om die land binne te kom, maar erger nog, hy het werk in die Parlement gekry – as bode! Bietjie te dik vir ‘n daler dan nie?
Hierdie selfde Stafendas het voor die sluipmoord gereeld besoek afgelê by ‘n ‘Joodse’ Prokureur in Durban wat ook ‘n gelyste Kommunis was.
Toe die ‘Hoek Verslag’ ter tafel gelê is, het slegs John Vorster – die vermoorde Verwoerd se opvolger, Jaap Marais – LV vir Innesdal en latere leier van die HNP, Piet Koornhof, en Dr. Andries Treurnicht – destydse Redakteur van ‘Die Transvaler’ dagblad en latere leier van die Konserwatiewe Party; die Hoek Verslag onder oë gehad. John Vorster het beveel dat die Hoek Verslag vernietig moes word en dat nog die res van die Parlement nog die publiek ooit oor die inhoud ingelig moes word. Die inhoud was kwansuis: “…te sensitief om bekend gemaak te word…” het Vorster gelas!

Nou wonder Waldor
Wat in die wêreld was so sensitief oor die mag van die Kapitaliste in die Suid Afrikaanse Politiek, dat dit …”te sensitief” was …”om bekend gemaak te word…?” Kan dit blote toeval wees dat ‘n sameloop van duidelik ‘Joodse invloede’ gely het tot Verwoerd se sluipmoord, en hoe vêr het Vorster en Die Buro van Staatsveiligheid ‘n rol gespeel? Veral as daar verder in gedagte gehou word dat Dr Verwoerd in ‘n toespraak by Nigel gesê het dat hy met alles in sy mag sou verhoed dat die geldmag in Suid Afrika saamsmelt met die Geldmagte van die wêreld!
Uit die bek van die perd:

“Nationalism is a danger for the Jewish people. Today, as in all epochs of history, it is proven that Jews cannot live in powerful states where a high national culture has developed.”

THE JEWISH SENTINEL, Chicago, 9-24-36

 

British

Enjoyed this post? Share it!