Die NVG wil nie Guptas vervolg nie, ‘n mens kan net wonder hoekom nie !!

Dit blyk dat die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) nie bereid is om die Guptas, Zuma of enige minister te vervolg wat in die gelekte e-posse betrek is nie.

Volgens die aanklaers is die e-posse gesteel en kan dit nie gebruik word in ‘n hof as getuies nie.

Die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, het voorgestel dat die drie spanne wat die Gupta e-posse ondersoek, ontbind moet word en vervang moet word met ‘n “ondersoek direktoraat”. Abrahams is klaarblyklik in ‘n vergadering daarop gewys dat hy moet vervolg en nie ondersoek nie.

Terwyl die aanklaers skuil agter die argument dat gesteelde e-posse nie as getuienis gebruik kan word nie, het ‘n aantal senior ANC lede bevestig dat die inhoud van die e-posse waar en korrek is. Dit beteken dus dat daar wel getuies beskikbaar is wat gebruik sou kon word.

Ontleders vermoed dat dit een van die redes is waarom die mosie van wantroue teen Zuma misluk het, want daar is te veel persone betrokke by grootskaalse bedrog in die land.

Volgens die senior aanklaers kan dit tot twee jaar neem voor enige aksie geneem sal word rondom die sage.


Enjoyed this post? Share it!