Die Polisie word betaal om ons te beskerm, maar die Polisie kan nie protesoptredes beheer nie !!

Dit word al hoe duideliker dat die land op die rand van anargie huiwer namate dit duidelik word dat die polisie nie eens naastenby die vermoë het om wet en orde te handhaaf nie.

Protes teen informele nedersettings het gelei daartoe dat strate in Bramley, Johannesburg met brandende bande en klippe versper is. Polisie moes soos gebruiklik weer van rubberkoeëls gebruik maak om oproeriges uit mekaar te jaag.

Inwoners kla oor die oprigting van plakkershutte in die area. Johannesburgse stadsraad het verklaar dat hul nie eiendom het om die plakkers heen te verwyder nie.

Die R59 snelweg in die omgewing van Meyerton is al vir etlike dae toe as gevolg van sogenaamde protesoptrede. Motoriste moet alternatiewe roetes gebruik, wat dikwels nog gevaarliker is. Die polisie kry dit nie reg om die pad weer oopgestel te kry nie.

Ook die N1 noord van Pretoria was ‘n tyd lank by Hammanskraal gesluit nadat betogers die pad versper het. Motoriste was op radiostasies se verkeersverslae aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik, terwyl daar nie werklik alternatiewe roetes is nie omdat die staat nie meer alternatiewe roetes aandui of onderhou nie.


Enjoyed this post? Share it!