Die rede vir die chaos in Midvaal – plakkers soek huise

Plakkers van Sicelo het gister chaos op die R59 veroorsaak toe hulle die pad met brandende bande versper en voertuie met klippe gegooi het.

Inwoners van Sicelo het die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit op 27 Junie besoek om hul kommer uit te spreek oor die voorsiening van huise deur die Gautengse departement van behuising, wat te stadig is na hul sin.

Hulle het gevra dat die Midvaal Plaaslike Munispaliteit hulle met onderverdeelde erwe moet voorsien.

Hulle het dit ook duidelik gemaak dat hulle nie daarvoor wil wag nie.

Volgens Mpolokeng Pooe, woordvoerder vir die Midvaal Plaaslike Munispaliteit, is daar aan die inwoners gesê dat hulle dit ongelukkig nie kan doen nie omdat daar eers deeglik ondersoek en beplanning gedoen moet word.

Daar is wel baie planne vir Sicelo in die Midvaal Plaaslike Munispaliteit se 2017/2018 begroting.


Enjoyed this post? Share it!