Die skrif is teen die muur, E-tol stelsels val plat

Vier jaar na die inwerking treding van die E-Tol stelsel is Sanral met hul rug teen die muur.

Die stelsel het misluk weens die motoriste se totale weiering om tolgeld te betaal en Sanral het nou erken dat hul die inkomste oorlog verloor het.

Kwalik 30% van die motoriste wat die snelweë gebruik betaal tolgeld en nou moet die regering met ‘n ander plan kom om die paaie te onderhou.

‘n Voorstel van ‘n brandstof heffing kan teëkanting kry aangesien ander provinsies nie belas kan word om Sentraal Transvaal se paaie te onderhou nie.


Enjoyed this post? Share it!