Die Staat se Nasionale Gesondheidsplan is dalk onhaalbaar

Dertien van Oos-Transvaal se distrikshospitale is in ‘n ernstige krisis weens ‘n tekort aan sleutel mediese en administratiewe personeel.

Van die hospitale in die Ehlanzeni area het vakante poste van tot 75%.

Dit bevestig die landswye chaos in mediese sorg waar ‘n tekort aan toerusting en personeel dienslewering kniehalter.

Intussen probeer die Gautengse LUR vir gesondheid, Gwen Ramakgopa, ook vure doodslaan oor die stand van gesondheidsake in dié provinsie, en belowe sy “verbetering”.

Waarnemers sê dat die groeiende probleme met gesondheid in verskillende provinsies, dit vir die ANV onhaalbaar sal maak om ‘n nasionale gesondheidsplan in werking te stel en in stand te hou.


Enjoyed this post? Share it!