Die stryd om Zuma nog as president te hou verskerp

Aan die een kant is daar skynbaar binne die ANC ‘n gevoel dat die huidige staatshoof, Jacob Zuma, moet bedank, terwyl daar aan die ander kant ‘n sterk gevoel is dat hy moet aanbly tot sy termyn volgende jaar verstryk.

Die wat glo hy moet bedank, is bereid om hom te vrywaar van enige vervolging sodat hy rustig en sonder vrees sy laaste dae by sy luukse kompleks in Nkandla kan geniet.

Die Militêre Veterane van Umkhonto we Sizwe het aan die ander kant gesê dat hulle enige pogings om Zuma te dwing om te bedank met mening gaan teenstaan. Die veterane glo dat die beroepe dat Zuma moet bedank, deel is van ‘n regime veranderingsagenda wat die ANC teiken.


Enjoyed this post? Share it!