Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verslag van Makwakwa

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet hul besluit, om nie ‘n verslag van dissiplinêre optrede teen Jonas Makwakwa bekend te maak nie, regstegnies verdedig, aldus die parlement se staande komitee.

SAID het Makwakwa vrygespreek van alle aanklagte teen hom nadat die regsfirma Hogan Lowells meer as R1,3 se ongewone en verdagte transaksies blootgelê het in Makwakwa se bankrekening en dié van sy metgesel, Kelly Anne Elskie. Elskie is ‘n SAID werknemer.

Die staande komitee dring daarop aan om die dissiplinêre verslag onder oë te kry in die lig van die R50 miljard tekort aan inkomste deur SAID.


Enjoyed this post? Share it!