Die Vloek van Self Verrykende Afrikaner Tref SAUK Radio. Neem Kennis dat Paul Joubert nie meer met SAUK verbonde is nie

Oppas vir Paul Joubert en sy RKK radio. Ons het gehoop om hierdie kennisgewing te vermy maar ons het geen keuse nie en moet die publiek waarsku.

Paul Joubert is begin van die jaar aangestel as stasie bestuurder met ‘n basiese salaris wat aangevul was met inkomste van advertensies en opleidings fooie. Hy sou “groot gaan” met SAUK Radio.

Maar Paul Joubert het besluit hy wil sommer alles vir homself vat en met die leuen dat hy Radio Kuber Kontrei slegs as ‘n opleidings stasie stig, het hy SONDER TOESTEMMING ‘n bank rekening in SAUK se naam ge-open en gelde ingevorder.
Toe ons hom vra vir toegang tot die bank rekening is dit eers geïgnoreer en toe later geweier.

Hy is begin Maart geskors maar is tyd gegun om bewyse te lewer dat die bank rekening gesluit is en kopies van alle briewe wat hy in SAUK se naam gestuur het, aan ons te oorhandig.

Hy het tot dusver nog niks oorhandig nie en ons het dus geen keuse nie as om publiek te gaan. Ons sal ook die bank self moet nader en ‘n saak van bedrog by die polisie moet open.

So as jy deur Radio Kuber Kontrei (RKK) of Paul Joubert genader word, weet waarmee U te doene het. Dit is ‘n skelm met ‘n gladde mond wat SAUK Radio vertrap het vir sy eie selfsugtigheid…

Dit het ook onlangs aan die lig gekom dat Paul Joubert ook vanaf MSVS stereo geskors is, dit kort nadat hulle betaal het vir sy opleiding… na dit het hy aan SAUK se deur kom klop met sy skelmstreke (Wat anders noem jy iemand wat bank rekeninge in iemand anders se naam oopmaak sonder toestemming, en dan toegang tot die rekening weier?).

Elke Kalant wil mos Koning Kraai in sy eie Kraal…

Enjoyed this post? Share it!