Die vlugtelinge wat niemand wil hê

In Suid-Afrika, word daar van sommige van die blanke bevolking gedwing om in haglike omstandighede te woon omdat die post-Mandela era nie sy reënboog kleure ten toon gestel het nie.

Vir meer as ‘n dekade is daar wette in plek wat doelbewus gemik is op die Blankes. Hierdie wette insluitend  regstellende aksies en BEE regulasies benadeel veral diegene in die werk sektor. Volgens statistieke is daar alreeds meer as 400,000 Wit Suid-Afrikaners wat nou in armoede leef d.w.s. byna een uit tien.

Die vlugteling wat niemand wil hê nie

Afrikaans sprekende werkersklas bevolking gaan deur intense krisis in Suid-Afrika.

Daar word gereken dat daar min of meer 80 kampe vol uitgeworpene Blankes in Suid-Afrika is. Een van hierdie kampe is in Munsieville, naby Johannesburg geleë. Die inwoners van hierdie kamp begeer ’n beter toekoms en wil uit hul omstandighede los kom, maar ongelukkig kan die meeste van hulle dit nie bekostig nie. Jy sal nie hoor oor hierdie ware vlugteling op die TV, koerant of tydskrifte nie. Hulle is wit.

Die vlugtelinge wat niemand wil hê

’n Vuil seuntjie staar na die kamera – die kondisies in die kamp is rof, daar is bitter min kos, geen lopende water en geen elektrisiteit.

Terwyl die meerderheid wit Suid-Afrikaners steeds deur genade ’n betrekking het; hetsy voltyds of tydelik, het die aantal armblankes geleidelik toegeneem in die afgelope twee dekades. Na ’n kwansuise poging deur die regerende party, The African National Congress (ANC) om die rasse-ongelykhede ongedaan te maak is daar wette geïmplementeer om swartes te bevorder om hulle ’n groter deel van die ekonomie te gee. Hierdie verandering te saam met die globale finansiële ineenstorting, het daartoe gelei dat baie wit Suid-Afrikaners se lewens omstandighede agter uitgegaan het. Hulle is gedwing om ’n heenkome te vind in krotbuurte.

Baie van hierdie ongeskoolde wit Suid-Afrikaners geniet min of geen simpatie in die reenboogland nie. Daar word nog steeds aan die illusie vasgeklou dat hulle steeds voordeel trek uit die apartheid regime.

Die vlugteling wat niemand wil hê

’n Kommerwekkende aantal blankes leef onder die broodlyn in Suid-Afika. Munsieville huisves tans om en by 300 mense.

Diegene wat in goor omstandighede gedwing word om te oorleef moet ’n bestaan voer met so min as £ 28,99 per maand. Die plakkerskamp in Munsieville, naby Johannesburg, is een van 80 in Suid-Afrika. Dit is gebou op die terrein van ‘n ou stortingsterrein en is die tuiste van sowat 300 mense, waarvan ‘n kwart kinders is .Daar is geen elektrisiteit, geen lopende water afgesien van ‘n paar staanpype, geen veilige strukture en min kos. Die huise word gewoonlik gebou op grond, maar gereelde vloede maak dit onleefbaar en inwoners word dikwels met dekades-oue afval blootgestel. Hospitaal sorg word geweier aan inwoners en diegene wat by die kamp woon word gereeld deur potensiële werkgewers by werksonderhoude weggewys a.g.v. regstellende aksie.

Henrik, 49,vertel dat sy lewe nou verby is. Hy is te oud om ’n werk te bekom en sodra hy aansoek doen om ’n betrekking word hy afgewys. Hy doen wat hy kan om te oorleef deur skroot materiaal en klere te verkoop. Hy beklemtoon dat dit skaars genoeg is om kos te koop. Hulle doen wat hulle kan skerts hy. “Meeste van die kinders is gelukkig. Meeste van hulle verstaan die situasie waarin ons is. Wanneer ons vir hulle sê daar is nie geld nie, aanvaar hulle dit. Dit is hard. Ons wil net die beste gee vir hulle.”

Arie, 56, ook ’n inwoner by die kamp vertel die volgende: “ As ons hospitaal toe gaan vir mediese sorg en ons vertel hulle ons kom van Munsieville, dan wil hulle ons nie help nie. Ons sal soms heelnag daar sit en as dit lig word, dan miskien sal hulle ons help. Hulle is bevooroordeeld teenoor ons. Ons almal staan saam en probeer mekaar help waar ons kan. Dit is die enigste beste ding wat hier gebeur en dit draagliker maak. Ons almal is een groot familie.”

Leigh Du Preez van die SAFRP (South African Family Relief Project) vertel dat inwoners van die kamp min of geensins ’n kans het om ooit ’n betrekking te onvang nie. Sodra iemand jou cv ontvang en hulle sien jy kom van ’n wit plakkerskamp wys hulle jou die deur. Hy wys ook die feit uit dat meeste van die inwoners in die kampe onder die ouderdom van 20 is. Dit is onregverdig dat hulle gediskrimineer word vir dade wat plaasgevind het voor hulle bestaan.
Leigh sê : “ Hulle is veronderstel om as vrygebore burgers  te klasifiseer in ’n vry en regverdige Suid-Afrika. Lyk dit vir jou soos regverdig?”

Foto’s:  James Cheadle/Solent News


 

Enjoyed this post? Share it!