Die Volk word Wêreldwyd onderdruk, kan Siener se geestelike wortels help?


Vanaand kyk ons na ‘n brokkie nuus of twee en nuus in die buiteland oor die migrante kwessie asook ‘n kontroversionele onderwerp  – wat sê siener van Rensburg?

Artikel 1

Zuma ontken aanslag op Afrikaans

“Afrikaans is ‘n Afrikataal”

Met hierdie inleiding het Jacob Zuma probeer om die blaam vir die ANC se aanslag op Afrikaans voor die deur van Afrikaanssprekendes te lê.

Na afloop van ´n vergadering tussen Zuma en universiteitsbesture, wou joernaliste weet of Zuma Afrikaans as ´n struikelblok vir transformasie beskou, maar hy het die vraag verwys na die vise-kanselier van Wits.

Later het hy gevra om enkele opmerkings te maak.

Volgens Zuma word Afrikaans gepraat, op skool geleer en behoort die taal as deel van die land se tale-harmonie te ontwikkel.

Na sy mening moet Afrikaans en Afrikaanssprekendes nie die taal isoleer nie.

Hierdie blatante ontkenning van die ANC se berekende taal-aanslag is skokkend, aldus taalkenners en lede van verskeie volkseie kultuur liggame.

“Die ANC gaan uit hulle pad om Afrikaans te marginaliseer, deur die taal berekend uit die openbare-, professionele- en akademiese lewe te druk.”

“Radikale elemente binne en buite die ANC word kritiekloos toegelaat om Afrikaans te stereotipeer as “taal van die verdrukker”.”

Die ontkenning voorspel niks goed vir ons taalstryd nie – volksgenote moet besef dat soos ons hele erfenis, ook ons taal se behoud net verseker gaan word indien ons die taal suiwer hou en in ons volkseie skole, volkseie ondernemings en in die openbaar praat, én aandring dat die taal eerbiedig word.

Ons moet óók eens en vir altyd besef dat wanneer Zuma, of enige ander ANC-figuur skynbaar ´n olyftakkie uithou, daardie takkie sonder twyfel drup van gif. – Vryburger

 

Artikel 2

Kanselier Merkel kry hewige kritiek

Konserwatiewe alliansie vennote van Bondskanselier Angela Merkel het ‘n ernstige beroep gedoen op haar om die onwettige migrante krisis met groter versigtigheid te benader en beperkings op instroming te plaas.

Volgens die woordvoerders wat waak teen die instroming van migrante, wil dit blyk dat sowat 1,5 miljoen vreemdelinge uiteindelik in Duitsland gedurende 2015 opgevang gaan word.

Te midde van die waarskuwende woord van konserwatiewe Duitsers, het Angela Merkel tydens ‘n onderhoud op die openbare radio, Deutschlandfunk, gesê Duitsland sal alleskan hanteer.

Merkel het egter erken dat die land se grensbeheer opgeskerp moet word en ook beter beskerm moet word, maar het ook daarop gewys dat die oprigting van lang heinings op die grense, geen doel dien nie.

“Duitsland gaan geen veranderings aanbring aan sy vlugtelinge wetgewing nie, en sal hom streng hou by die bepalings van die 1951 Genève Vlugtelinge Konvensie.

Een van Duitsland se grootste koerante, Bild het beweer dat sowat 1,5 miljoen onwettige migrante gedurende 2015 na Duitsland sal stroom teen ‘n tempo van 6,000 tot 10,000 elke dag.

In teenstelling met Merkel se standpunte, sê Wolfgang Schäuble, Merkel se Minister van Finansies, tydens ‘n onderhou op ZDF dat dit nou nodig geword het vir Europa om beperkings te plaas op die instroming van migrante, want die taak kan nie meer op ‘n nasionale vlak beheer word nie.

Intussen het onbevestigde berigte Die Vryburger bereik dat die Europese Kommissie ‘n beplanning het om saam met Turkye ses nuwe vlugteling kampe op te rig om ‘n verdere 2 miljoen mense te huisves.

Lorenz Caffier, een van Merkel se Christen Demokrate beweer dat die totaal van 1,5 miljoen migrante wat Duitsland vanjaar gaan instroom, te veel is want verskeie federale state in Duitsland het reeds hulle maksimum potensiaal bereik.

Verlede Saterdag het Beiere se premier. Horst Seehofer, hom by die koor van beswaarmakers aangesluit en Merkel se migrantebeleid skerp gekritiseer en gesê die Bondskanselier maak ’n enorme fout.

merkeltraitor8311583_n

Artikel 3

Franse woedend oor migrante arrogansie

Franse motoriste was woedend toe ‘n aantal onwettige migrante die Kanaal Tonnel” by Calais in die noorde van Frankryk verlede Vrydag en Saterdag vir ure geblokkeer het sodat verkeer tot stilstand gekom het.

Die versper van die roete is deur sowat 120 migrante veroorsaak wat selfs lemmetjiesdraad iewers gesteel het en as versperring op die hoofweg gesit het.

Polisie het aanvanklik gestaan en toekyk hoe die pad versper is, en duidelik nie geweet het wat hulle te doen staan nie.

‘n Hewige skermutseling het uiteindelik uitgebreek tussen polisie en migrante, en na sowat vier uur is meer as tien migrante per ambulans na hospitale, en enkeles is in hegtenis geneem weens oproerige gedrag.

‘n Woordvoerder het later gesê dit is duidelik dat die migrante se hoofdoel was om seker te maak hulle griewe word onder die aandag van die motoriste gebring.

Die owerheid in Calais sê dit het nodig geword om die veiligheidsmaatreëls op te skerp in die gebied, en oorweeg dit om snuffelhonde, versterking van die veiligheidspersoneel, en ander kleiner voorsorgmaatreëls in te stel om soortgelyke voorvalle te verhoed.

Die amokmakers het die versperrings geplaas om die aandag te vestig op die 19 voorvalle wat sedert Junie 2013 voorgekom het waarin migrante gedood is tydens hulle pogings om na Engeland deur te glip

Tans woon sowat 3,500 migrante in ‘n kamp naby Calais, klaarblyklik in die haglikste toestande denkbaar.

 

Artikel 4

Moslems stel eise in Europa

As dit voortgaan soos wat dit tans die geval is, moet Westerse vroue dalk die gebruik om bikini-swemklere by die swembaddens te dra, vervang met swemklere wat nie aan die Moslemgeloof aanstoot sal gee nie.

Die bikini gee aanstoot aan die Moslems wat ook die terrein besoek, sê ‘n woordvoerder in België.

Hy reken die dames behoort eerder swemklere met lang moue en lang broekspype te dra in swembaddens van Antwerpen.

Die debat het begin na aanleiding van ‘n Moslem wat ‘n klag ingedien het oor die gebruik van bikinis by openbare swembaddens.

In die debat wat daarna gevolg het, is Moslems aangekla oor die ongelykheid tussen dié geloof se mans en vroue, en is versoek dat Mohammed dit moet oordink dat alle mense gelyke behandeling behoort te ontvang volgens die Regte van Mense.

Uiteindelik het deelnemers aan die debat daarop gewys dat die Moslems tevrede moet wees met die gebruike van Westerlinge wat in die Weste woonagtig is, net soos wat Westerlinge hulle neerlê by Moslem gebruike in Oosterse lande.

Waarnemers het egter hulle kommer uitgespreek oor die feit dat Moslems so arrogant kan wees om hulle gebruike te wil afdwing in ‘n gebied waar ander waardes van toepassing is.- Vryburger

 

Artikel 5

Uitplaas van migrante begin

Die Europese Unie begin Vrydag met die uitplaas van onwettige migrante na die verskillende lidlande in Europa.

Migrante sal ondermeer van Italië oorgeplaas word na Swede, sê ‘n woordvoerder van die Europese Unie (EU).

‘n Enorme taak wag op beamptes om elke asielsoeker te identifiseer en dokumentasie uit te reik aan sodanige persoon, asook aan familielede wat saam aansoek doen.

Swede het glo ingestem om sowat 820 asielsoekers te ontvang wat gedurende Augustus in Italië opgedaag het.

Swede is een van die lande wat bereid is om ‘n deel van die sowat 40,000 migrante aan te neem as asielsoekers. Kort nadat die indeling gedoen is, het die EU goedkeuring gegee dat nog 120,000 asielsoekers versprei kan word in die lidlande.

Die besluit is geneem te midde van die teenkanting wat lidstate in die Oostelike Europa getoon het.

Europa beskou asielsoekers as ‘n afsonderlike deel van die migrante wat as sogenaamde vlugtelinge die lande in gestroom het.

12074510_951869198188887_2138302852193703477_n

Artikel 6

Wie klap IS-terroriste die hardste

Met die Amerikaanse magte wat lugaanvalle op ‘n groot hospitaal in Kunduz, Afghanistan uitgevoer het en minstens 22 mense gedood het, of die Russe wat lugaanvalle uitgeoefen het ter ondersteuning van die Assad regime, word die kwessie nou gedebatteer oor wie nou werklik die IS magte teenstaan.

Volgens Moskou het Russiese vegvliegtuie vestings van die Islamitiese Staat (IS) ontwrig, en is die terreurgroep tot veel minder instaat as voorheen.

Die Russe se Minister van Verdediging beweer dat Rusland se vegvliegtuie gedurende die afgelope twee dae minstens tien IS-doelwitte bestook en sowat 20 bomaanvalle uitgevoer het teen terroriste basisse.

Rusland verwerp beskuldigings dat hy burgerlikes die slagoffers van sy aanvalle gemaak het, maar wys op die Amerikaanse aanval op ‘n hospitaal waartydens minstens 22 mense omgekom het en ‘n groot deel van die hospitaal vernietig is.

Premier David Cameron van Brittanje sê die aanvalle van Russiese vegvliegtuie in Sirië was een afskuwelike daad van aggressie”.

Die optrede is ‘n poging om die “dictator” Assad te ondersteun, sê Cameron.- Vryburger

 

Artikel 7

Wat hoor jy as jy Blade agteruit speel?

Die regerende alliansie is geen vreemdeling vir interne teenstrydighede nie. Al wat jy hoef te doen is om te kyk na die ministers in die ekonomiese portefeuljes se standpunte en jy besef dit maar te deeglik. Tog wil dit lyk asof ons kommunistiese hooftelg, dr. Blade Nzimande, sulke teenstrydighede tot ‘n fyn kuns verhef. Daar is mos min ander mense wat tegelyk ‘n Stalin en ‘n lord Milner kan wees.

 

Ter sprake is ou Blade se snydende veldtog om alles wat Afrikaans is te probeer ontmasker as anti-transformasie of selfs paleontologiese oorblyfsels van apartheid. Wel, Vryburger is self ‘n paleontologiese oorblyfsel van apartheidsonderrig en die totale aanslag?. Daarom is hy steeds gewapen met die wyshede waarmee die leerkragte hom ingeestesweerbaarheid toegerus het. Soos dat die duiwelse verderf van die kommunis en die euwels van rock dikwels agter dieselfde bos skuil (of is dit deesdae Afrikaans, Blade?).

 

Met die Antjie Somerse van die verlede wat steeds so woel in sy gemoed, is Vryburger bang dat jy dalk duiwelse boodskappe sal hoor as jy opnames van Blade se toesprake agteruit speel. Nog erger, dat jy Blade dalk sal hoor as jy dit op die gewone manier speel.

South-Africa-China

Artikel 8

Lank lewe die Rooi Gevaarte!

So van die Rooi Gevaar gepraat: Vryburger sien diknekke van die Suid-Afrikaanse regering het die afgelope boekjaar minstens 40 reise teen ‘n koste van sowat R7,45 miljoen na China onderneem. Dis nou natuurlik om Suid-Afrikaanse hulpbronne en markte op ‘n skinkbord vir China te gaan aanbied.

Met die kom vertel ‘n onbetroubare spioen dit is nie waar dat die ANC-regering niks in ruil vir sy vrygewigheid kry nie. Na verneem word, gaan Blade en Jacob Zuma eredeelnemers aan China’s Got Talent wees. – Vryburger

Artikel 9

Red die Poskantoor,” versoek CWU

Die vakbond, Communications Workers Union” (CWU), wat verantwoordelik was vir die ondergang van die Poskantoor, het ʼn beroep op die bewind gedoen om die Poskantoor te red.

Die maandelange stakings in 2014 het veroorsaak dat die staatsbeheerde organisasie se dienste tot stilstand gekom het met groot ongerief en finansiële skade aan persone en instansies wat die diens gebruik het.

Die “Post Office” se vernietiging deur die vakbond was verder aangehelp deur staatsaangestelde onbekwame bestuur en waarskynlike korrupsie. CWU het versoek dat die moontlikheid van grootskaalse korrupsie deur die bewind ondersoek moet word.

Die Poskantoor benodig in totaal ongeveer R2.4-miljaard om weer behoorlik op die been te kom en belastingbetalers sal uiteraard die uiteindelike prys moet betaal. Volgens CWU het die bewind onlangs die S.A. lugdiens ten duurste gered en moet dit nou ook vir die posdiens gedoen word en sodoende werksgeleenthede beskerm.- Vryburger

 

Artikel 10

Front Nasionaal gee hul mening oor die Kruger standbeeld

Mens raak naderhand half keelvol van petisie teken – ons het al hordes geteken. Nou is daar glo weer ‘n nuwe een op pad: Ons gaan blykbaar nou ‘n petisie teken om die Kruger standbeeld na ‘n spesifieke plek van veiligheid te skuif.

Ons sal nie so ‘n ondeurdagtige ding teken nie en wel om die volgende redes:

1) Waarheen moet hy skuif? Moet Kruger verskuif word na die huismuseum in Pretoria, of na Boekenhoutsfontein, of dalk na Krugersdorp of die een of ander plek waar daar ten minste historiese relevansie is? En indien wel – waarom sou hy daar beter beskerm wees? Of gaan hy nou geskuif word na Orania of Kleinfontein of Kleinvallei of een of ander stuk private grond langs die grootpad waar daar geen historiese relevansie is nie? Moet een van die sterkste simbole van ons volksbestaan nou op ‘n verlate kliprantjie tussen êrens en nêrens loop staan sodat dit die eindpunt van ons volksgeskiedenis daar konsentreer? Op watter gronde?

2) Dit handel nie hier om ‘n beeld nie. Dit handel hier om ‘n beginsel. Die Kruger standbeeld is ‘n homp brons vervorm na die gelykenis van ‘n sterfling. Maar die beginsel is: Ons het Suid-Afrika afgegee, ons het ons veiligheid, ons taal, ons volkwees in die gedrang gebring omdat ons wysgemaak is dat dit die regte ding is en omdat ons blatant belieg en mislei is. Ons het verdomp genoeg gegee. Nou sê ons: Nee! As ons hierop toegee, moet ons op die volgende toegee en op die volgende en op die volgende. As ons instem om die beeld te verwyder, kan ons maar Pretoria se naam laat verander, kan ons maar die Voortrekkermonument en die Taalmonument en die Kasteel laat sloop en die boumateriaal in die townships aflaai sodat daar shacks opgerig kan word. As ons ‘n petisie teken om vrywillig toe te gee aan die ANC en die EFF se eis om die beeld te verwyder, steek ons met daardie selfde pen waarmee ons teken op verraderlike wyse ons geskiedenis en ons volksbestaan in die hart. Ons sal nie so ‘n petisie teken nie, want ons het genoeg gehad van lafhartige toegewings waarby ons niks baat vind nie. Ons trek nou die streep.

Wat sê Front Nasionaal? Die Kruger standbeeld, en elke ander monument, staan onder beskerming van die erfenisbewaringswet. Dis ‘n historiese erflating en om so ‘n struktuur met verf te betakel en af te breek is ‘n lafhartige en barbaarse daad van kinderagtige kulturele terrorisme – jy baklei nie met ‘n dooie voorwerp wat nie kan terugbaklei nie en daarom gee ons nie toe aan die vloermoere van ‘n spul politieke stoutgatte nie. Dis die Pretoria Stadsraad se werk om openbare erfenis te beskerm en te bewaar en ons hou hulle daarvoor verantwoordelik. Dit het niks met politiek uit te waai nie – ons betaal belasting sodat julle ons gemeenskaplike eiendom kan beskerm en as dit nie gebeur nie dan loop ons ‘n pad met julle.

Saterdagoggend 10:00 gaan ons by Oom Paul se beeld staan om saam te sê: Hier staan jy en hier mag jy staan en hier sal jy bly staan – want dis wat ons van ons volk ook sê en geen FW de Klerkerige lamsak toegee-petisie sal daaraan verander nie.

 

 

Wat wil Front Nasionaal hê?

Ons manifes is daaroor baie duidelik:

Ons eis die volgende van die SA regering en die internasionale gemeenskap:

die onmiddellike afskaffing van alle rassistiese en chauvinistiese wetgewing wat ons burgerskap van die huidige eenheidstaat aantas;
dat ‘n moratorium op die verengelsing van Afrikaanse skole geplaas word;
dat twee of meer universiteite tot hul vorige voertaal, Afrikaans, herstel sal word en;
tesame met die Afrikaanse skole aan ‘n komitee of raad van Afrikaners oorgedra sal word, met ‘n begroting om vir die bestuur en befondsing van ons onderwysinstellings voorsiening te maak;
dat Afrikaans as hoftaal herstel sal word;
dat ‘n bedrag van R50 miljard onmiddellik aan ‘n komitee of raad van Afrikaners deur die eenheidstaat beskikbaar gestel sal word om die skade aan die Afrikaanse taal en kultuur weens doelbewuste verengelsing – oor die afgelope 20 jaar, maar ook verder terug in die verlede – te herstel;
dat alle beperkings op privaatwapenbesit opgehef word om Afrikanergemeenskappe toe te laat om hulself teen aanvalle deur misdadigers en etniese gruwelmoordenaars te beskerm.

Met onmiddellike ingang eis ons dus kulturele selfbeskikking, in aanloop tot eksterne selfbeskikking wat ons onvervreembare reg as gelyke burgers en as gelyke volk teenoor elke ander volk ter wêreld verteenwoordig en waarvoor ons niemand se toestemming nodig het nie.

Deel asseblief hierdie plasing

Daniël Lötter
FNSA Inligting

 

Artikel 12

Siener van Rensburg: Rigter of profeet?

Wat hou die toekoms vir die Afrikaner volgens Suid-Afrika se bekendste siener, Niklaas van Rensburg in?

Alvorens hieroor kop uitgesteek kan word, is dit nodig om ‘n bietjie in die siener se kop te kom, en hiervoor het ‘n uitstekende boek onlangs op die rak verskyn.

Die boek, Niklaas van Rensburg, Die Siener, deur AWG Raath het nou reeds verskeie resensies en artikels opgelewer. Raath se amperse lewenstaak om so ‘n volledige beeld van dié merkwaardige man te skep, bied egter eerder ‘n bykans onuitputlike bron waaruit verskillende fasette onder die loep geneem kan word as, as ‘n bron vir ‘n enkele artikel.

Oor die jare het soveel werke oor die siener die lig gesien wat ‘n skewe beeld skets, dat enige bespreking ook die wegdoen van ‘n klomp mites behels. Hierdie skewe beeld is ironies help vestig deur die siener se eie kinders, wat onderling verskil het oor wie die beste persoon sou wees om hul pa se werk na waarde te boek te stel.

In die proses is die persoon wat stellig meer as enige ander persoon geskik sou wees, ook deur gereelde persoonlike besoeke te perd oor lang afstande, Boy Mussmann, daarin kon slaag om Van Rensburg se vertroue te wen en “in sy kop te kom”, oor die hoof gesien. Mussuman het geglo dat Siener se visioene sal vir die Afrikanervolk van belang wees.

Onlangs nog het Hannes Haasbroek, historikus van die Nasionale Museum, terloops in ‘n artikel na Raath se werk en die sieners verwys: “Siener, die man wat deur sy “visioene” (daar is bespiegelinge dat dit aan ’n vorm van epilepsie toegeskryf kon word) onder meer planne van die Britse magte opgerakel het en die vertroue van verskeie Boere-aanvoerders geniet het. Maar helaas het sy voorspelling met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, dat die voormalige Boererepublieke maklik teruggewin kon word, lelik geboemerang soos weerspieël in die mislukte Rebellie van 1914 en gepaardgaande dood of gevangeneming van bekende Boereleiers.” (Volksblad).

‘n Behoorlike deurlees van die boek sou egter aan die lig bring dat Siener juis nie as ‘n soort Boere-Nostradamus beskou moet word nie. Siener het self, wanneer probeer is om hom as ‘n soort kristalbalkyker in te span, daarop gewys dat “die tye en geleenthede alleen by God bekend is, en dat selfs nie engele in die hemel weet nie.”

Oor die afloop van die rebellie het Siener dit duidelik gemaak: As hy sou weet wat die afloop was, en daarom sou waarsku teen die rebellie en die rebellie sou dan nie plaasgevind het nie, dan sou Afrikanernasionalisme nie herontwaak het nie. Siener het immers self aan die rebellie deelgeneem, sy eie lewe in gevaar gestel, en self agter tralies beland.

Selfs medestryders uit die Anglo-Boere-oorlog wat onoortuig gebly het of siener werklik oor die vermoë sou beskik om gesigte te sien en uit te lê, het later vertel van die “ongelooflike toeval” daarvan. Siener het onder meer tydens die Anglo-Boere-oorlog en die rebellie ‘n haas ongelooflike aantal gesigte gehad wat nie net sy eie eenhede uit penaries en omsingelings gelei het nie, maar ook ander. Soms was daar verdeeldheid of die siener se advies gevolg moes word – dié wat dit gevolg het, het ontkom, dié wat dit nie gedoen het nie, is vasgetrek. Selfs ‘n vroue-vlugkommando het so verdeeld geraak, en die tragiese is dat daar bykans geen oorlewendes in die konsentrasiekamp was van dié wat Siener se advies in die wind geslaan het, en vasgetrek is nie.

Hierteenoor het hy die oor van generaals gehad, Koos de la Rey sekerlik die bekendste, maar later sou Mussman hom ook op genl. Smuts beroep toe die Smuts-regering allerlei beperkings geplaas het op mense se geskrifte en byeenkomste, en Siener se nalatenskap skynbaar deur die regering as subversief beskou is, maar nie deur Smuts self nie.

sienermaxresdefault

Siener was diep gelowig en lidmaat van die Hervormde Kerk. Hy het as ouderling gedien, en selfs gepreek. Hy het nooit leer skryf nie, maar sy ma het hom uit die Satebybel leer lees – wat sy hele lewe lank al was wat hy, twee keer per dag, gelees het. By sy begrafnis in 1926 het twee predikante, een van die NG Kerk en een van die Hervormde Kerk, opgetree. Baie van sy geskrewe nalatenskap wat danksy veral die werk van sy dogter opgeteken is, word in die Hervormde Kerk Rietvallei bewaar.

Kortom, enige vermoë deur okkultisme is buite die kwessie. Die visioene is nie iets wat hy wou gehad het nie, dis iets wat hom aanvanklik bitterlik ontstel het toe hy dit die eerste keer op kommando in die Anglo-Boereoorlog ervaar het. Onder die gesigte wat hy nie sou wou gehad het nie, tel ook die dood van sy twee dogtertjies in die konsentrasiekamp. Baie ander visioene sou die fynbesnaarde Van Rensburg ontstel.

Sy enigste motief vir die benutting van sy gawe was om die mense om hom se geestelike toegewydheid aan God te verdiep. Dit was veral afgestem om die platgeslane Afrikaner van sy tyd, as rigtingwyser om getrou aan God, die herstelpad te loop.

Hy het egter klaarblyklik ‘n haas ongelooflike algemene kennis gehad. Hy sou immers nie uit ‘n visioen van ‘n bloedruppel op ‘n wit doek kon aflei dat Japan tot die oorlog sou toetree, as hy nie geweet het Japan se vlag is ‘n wit doek met rooi kol op nie. So dui die uitleg van baie visioene op ‘n groot algemene kennis van wêreldgebeure.

Baie van sy visioene was operasioneel, in dié sin dat dit die eenhede waarin hy tydens die ABO en rebellie gedien het, uit skynbaar onmoontlike situasies gelei het. Dit word veral tydens die rebellie duidelik met die trek deur die dorre Noord-Kaap waar die regeringsmagte hulle telkens vasgetrek het, net om te vind die rebelle het deur die onmoontlikste plekke uitgetrek.

Van Siener se visioene kan wel in die konteks van toekomsvoorspellings in verband gebring word. Hy het visioene oor die toekoms van Engeland en selfs ‘n derde wêreldoorlog gehad. Van sy voorspellings oor Engeland is al bewaarheid – dat Engeland sy kolonies kwyt is, dat die VSA Brittanje as ekonomiese krag sou verbysteek, en dat Brittanje baie nie-blanke immigrante sou kry. ‘n Voorspelde hongersnood en burgeroorlog in die aanloop na ‘n derde wêreldoorlog is nog “uitstaande” mits ‘n mens Siener as toekomsvoorspeller wil inspan. Oor wanneer die Derde Wêreldoorlog sou kom, het Siener sy gebruiklike antwoord verskaf, en Handelinge 1: 7 aangehaal wat in die 1983-Bybelvertaling lees: ‘Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.” ‘

Die Grieks vir die woord wat met “weet” vertaal is, beteken letterlik “dit is nie vir jou om te weet nie”.

Hy het egter self meer gefokus op geestelike bearbeiding en onderskraging in tye toe die Afrikaner platgeslaan was.

Teen dié agtergrond kan die vraag gevra word of die Afrikaner ooit weer as vry volk sal opstaan. Siener self word dikwels “ingespan” om so ‘n bevryde situasie te “voorspel.” In die proses word dit wat Siener die hardste probeer weergee het, misgekyk: Eers, volgens Siener, moet die Afrikaner in neergeboë gees sy verering van menslike leiers laat vaar, en deur volgehoue gebed vra dat die Here weer Sy aangesig teenoor die volk sal verhef.

Om Siener se nalatenskap te fynkam vir ‘n “voorspelling” oor Afrikanervryheid, is om die wa voor die perde te span. Die Afrikaner moet éérs na sy geestelike wortels terugkeer.

En, so lyk dit uit die daaglikse nuusgebeure, dit gaan nog ‘n lang pad wees.

‘n Interessante uitvloeisel van die boek, sê prof. Raath, is dat hy nou al verskeie uitnodigings gekry het om gemeentes van die Hervormde Kerk oor die siener te gaan toespreek.

Waarskynlik het geen steeds lewende persoon so daarin geslaag om in die siener “se kop” te kom as Raath nie. Raath het immers 30 jaar lank navorsing gedoen, en dit uit ‘n magdom bronne met sy kenmerkende deeglikheid gedoen. Sowat 700 visioene is opgeteken, maar amper belangriker nog, ‘n magdom “sleutels” vir die ontsluiting van die metaforiese visioene van dié gereformeerde mistikus is ook verskaf.

Herman Toerien

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Jandre Kroeze

    Alle blankes moet eenvoudig die regering boycot en nie meer belasting betaal nie. Dit wetende dat die geld deur korrupsie nie aangewend word waarvoor dit bedoel is nie. Dit geld vir alles waar teengewerk kan word. Laat dit in duie stort tot volledige verval. Laat die vervloektes in hulle eie stront vrot en vrek.