Die waarheid maak seer: Jacques Pauw gedagvaar deur SAID

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ‘n aansoek gebring in die Wes-Kaap se hooggeregshof teen die joernalis en skrywer, Jacques Pauw, waarin hulle beweer dat hy vertroulike inligting in sy boek The President’s Keepers onthul het.

Volgens Tom Monyane van die SAID het Pauw belastingbetalers inligting gepubliseer wat strydig is met die Belasting Administrasie Wet.

Die uitgewers het in ‘n verklaring gesê dat die feit dat SAID die aansoek bring, bewys dat stellings in die boek waar is. Die uitgewers sal daarom die aansoek teëstaan.

In die boek word onder andere Roy Moodley se betaling van ‘n salaris aan Zuma geopenbaar. Zuma het dit skynbaar nie in sy belastingopgawes openbaar nie.


Enjoyed this post? Share it!