Die wittes se stem word al hoe sagter in die DA

Die DA se strewe om soveel moontlik swart kiesers te trek sodat hy die ANC tot onder 50% steun in 2019 kan dwing, is besig om hom van sy blanke kiesers te vervreem.

Reeds sedert die vervolging van Helen Zille oor haar opmerkings oor kolonialisme, het blankes vervreem begin voel van die DA. Daarna het die DA in die Wes-Kaap ook ‘n swart voorsitter gekry.

In Pretoria, waar die DA onder die Afrikaners tradisioneel sterk steun gehad het, het die party die naweek sy nuwe voorsitter aangewys, en daarmee waarskynlik nog meer Afrikanersteun verloor. Fred Nel is as voorsitter van die DA se Gauteng-streek vervang deur Abel Tau. Geen Afrikaner was onder diegene wat kandidaat vir die pos was nie.


Enjoyed this post? Share it!