“Diefstal” as gevolg van die droogte in die Wes-Kaap

Boere in die Wes-Kaap word ernstig geraak deur die ergste droogte in 60 jaar.

Druiwe produsente in die Olifantsrivier gebied se water kwota is met 80% gesny.

Dit beteken dat boere moet besluit watter boorde oorgelaat word aan die droogte en watter benat moet word.

Dit het gelei daartoe dat ‘n druiweboer in die omgewing meer water uit die kanaal “geneem” het as sy toewysing. Die boer is met R10 000 beboet, maar boere in die omgewing is ontsteld dat hy steeds sy kwota water ontvang.

Intussen doen gerugte die rondte dat sitrusboere in die Sitrusdal gebied waterbronne uitput en selfs onregmatig meer water gebruik om hul boorde te benat, wat die gevolg het dat die Clanwilliam dam se inloop drasties afgeneem het. Waterfiskale is nog steeds daar, maar wetstoepassing, soos in vele ander gevalle, vind nie plaas nie.


Enjoyed this post? Share it!