Dis tyd dat jy jou eie Huiswerk en Tuinwerk doen

Huiswerker glo medepligtig in rooftog

Die rowers het Saterdag omstreeks 10:20 by Hester Snibbe se huis in Constantiapark ingekom.

Sy was besig om aan te trek toe sy haar huiswerker, Linah Modisha, hoor skree.

 “Wat gaan aan?” het Snibbe gevra.

’n Man met ’n klapmus het in die gang afgestap en Modisha in die slaapkamer op die vloer gegooi.

Kort daarna het ’n man sonder ’n klapmus die tuinwerker ook in die kamer gegooi.

Die rower sonder die klapmus het na Snibbe gestap en haar agteroor op die bed gegooi.

“Draai op jou maag,” het hy gesê.

“Ek sal doen wat ook al jy sê. Ek sal vir jou gee wat ook al jy wil hê. Wat jy wil hê?” het Snibbe gevra.

“Ons het gekom vir die geld,” het die een rower gesê.

“Ek het vir jou gesê hierdie honde byt nie,” het die een aan die ander gesê.

Die rowers het met Snibbe se hulp die kluise in die huis deurgesoek en kontant, juweliersware, haar vuurwapen en selfoon gesteel.

“As julle nou beweeg, skree of geraas maak, sal ek terugkom en julle almal doodmaak,” het een van die rowers gesê voordat hulle weg is.

Snibbe het ’n paar minute gewag en seker gemaak die huis is veilig voordat sy hulp ontbied het.

Snibbe sê vroeër die oggend voor die rooftog het die twee rowers op en af in die straat geloop.

“Mense in die straat het hulle gesien.”

Volgens ao. Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisiekantoor, het Modisha die polisie na ’n adres in Winterveld, noord van Pretoria, verwys waar hulle die gesteelde goedere teruggekry het.

Die verdagtes gaan binnekort in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklagte van huisroof en die besit van gesteelde eiendom en Modisha op aanklag van sameswering tot diefstal.

Bron: Netwerk 24


 

Enjoyed this post? Share it!