Doen jy nog inspeksie op jou motor se bande, dalk moet jy daarna kyk

Die dodetal op die land se paaie styg steeds en dit wil op hierdie vroeë stadium reeds voorkom of die dodetal op die paaie rondom Pretoria, Johannesburg en die Witwatersrand kan verdubbel teenoor verlede jaar.

Duidelik word daar na strooihalms gegryp in plaas daarvan om roekelose bestuurders genadeloos aan die pen te laat ry.

Isaac Mahamba van die Tshwane Metropolisie kom met die blink aanbeveling vorendag dat motoriste veral na hulle voertuie se bande moet kyk as hulle inspeksies op hulle voertuie doen.

Motoriste wys egter daarop dat die owerhede juis verantwoordelik is daarvoor dat bande nie in goeie toestand gehou kan word nie. Veral weg van die nasionale paaie, is padtoestande dikwels haglik, en die slegte padoppervlak, wat nie deur die staat onderhou word nie, beskadig voertuie se bande.


Enjoyed this post? Share it!