Dogtertjie sterf weens hondsdolheid

Die Clocolan-gemeenskap en die familie van klein Carlie du Plessis (6 jaar) is verbysterd na haar skielike dood weens hondsdolheid.

Dokters in Bloemfontein het bevestig sy het ‘n baie aggressiewe virus van die siekte opgedoen.

Carlie het verlede week naar begin voel en het baie koud gekry. Haar pa, Johann, het haar oor die naweek na ‘n hospitaal in Bloemfontein geneem, waar sy nie uit die motor kon klim nie want sy was verlam. Sy is later die betrokke aand oorlede.

Sy was in Graad 0 aan die Laerskool Clocolan, waar sy saam met ouer leerlinge in Graad 1 deelgeneem het aan hokkie, netbal en pretstap.

Haar familie het haar as ‘n natuurkind beskryf wat baie gelief was onder die dorp se inwoners. Sy kon ook al op 6-jarige ouderdom vlot Sotho praat.

Haar pa en ma, Mandie, boer in die Clocolan-omgewing.

Foto – Carlie du Plessis

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!