Doodskis sage ontaard in volslae politieke propagandaveldtog

Die veelbesproke doodkis saak het in ‘n volslae politieke propagandaveldtog ontaard in die hofsaak wat die week plaasgevind het.

Die klaer erken dat hy werkloos is en deur die ANC onderhou word. Hy het ook erken dat die ANC vir sy berading betaal het.

Die straat voor die hof is versper deur ‘n ANC aangepaste sleepwa met die party se kleure en toegerus met luidsprekers en ‘n platejoggie. Op die wa is ‘n nagemaakte doodskis met die foto’s van die twee aangeklaagdes daarop vasgeplak. Ingeval die partypropaganda misgekyk word staan daar duidelik: “Vote ANC”. Oorverdowende musiek verskaf die inspirasie vir die gillende massa.

Dit was duidelik dat die saak ‘n ANC veldtog is om die aandag van die druk op die verskeurde ANC af te lei en die anti-wit propaganda in diens van die sukkelende ANC te probeer skep.

Binne die hof verklaar die staatsaanklaer dat dit om nasiebou gaan wat deur die aangeklaagdes bedreig word; buite die hof word die sogenaamde nasiebouproses afgebreek deur die haatdraende anti-wit partypropaganda van die regerende party se ondersteuners.

Terwyl die spektakel plaasvind is die linkse media, koerante en TV, die gewillige skoothondjies om die haatveldtog teen blankes en die eensydige sensasionele beriggewing optimaal te dra.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!