Droogte bedreig wildreservate

wild

Die Noordwes Parkeraad sê hy sal moet begin om die aantal diere in wildreservate te verminder indien daar nie binne die volgende twee maande reën val nie. Die voortdurende droogte is besig om ‘n verwoestende uitwerking op die provinsie te hê. Die Molopo Wildreservaat in die Kalahari het net vyftien millimeter reën die afgelope drie maande gehad, in vergelyking met 80 millimeter in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is die laagste reënval in drie jaar. Die raad sê verskeie vorms van ingryping word oorweeg om die wild te beskerm. Dit sluit in om die diere te hervestig, te verkoop of te laat jag – RSG

Enjoyed this post? Share it!