Dubble moordsaak in Mosselbaai word voortgesit sonder hoof verdagte

Hierdie saak is geklassifiseer as die “Prioriteitsgeval” vir die Mosselbaai-speurders toe hulle vir die eerste maal in Junie 2016 ondervra is. Die verklaring is uitgereik deur die speurders kort na hul  die vermoorde  paar se oorskotte by hul huis in die dorpie Groot Brak Rivier ontdek het waar hulle al vir meer as 20 jaar gewoon het.

Die staat teen Thamsamqa Howard Sishuba is geskeduleer om op 29 Augustus tot 15 September  in aanvang te neem om 09:00 elke dag by die hof F6 van die Mosselbaai-hooggeregshof.

Daar word geglo dat gedurende  14 Junie 2016 in die vroeë oggendure, Eurika en Tewie Human van Sandhoogtepad in Groot-Brakrivier aangeval en wreed vermoor is. Shishuba word verdink as een van die medepligtiges en is sedert Julie in hegtenis geneem in afwagting van verdere ondersoek. Polisie en speurders was tot dusvêr onsuksesvol om  (Steven) Lebohang Rethabile Lekoro van Lesotho, ‘n voormalige werknemer van die oorledene en die vernaamste verdagte in hierdie geval, aan te keer.

Suid-Afrika en Lesotho het ‘n uittredings verdrag en ‘n aansoek van die Nasionale Vervolgings Gesag is uitgereik  in Desember 2016 aan die Koninkryk van Lesotho en aan Interpol voorgelê, vir die depotering van Lekoro. Tot op hede is daar geen reaksie ontvang vir hierdie aansoek of arrestasie nie.

Dubble moordsaak word voortgesit sonder hoof verdagte                                        Dubble moordsaak word voortgesit sonder hoof verdagte

In ‘n soortgelyke geval  is  Lehlohonolo Joseph Scott, ’n burger van Lesotho , uit Suid-Afrika gedepoteer nadat hy sy bure vermoor het. Die voortvlugtige het uit die gevangenis ontsnap in Lesotho en daarna na Suid-Afrika gevlug . Hy is in hegtenis geneem nadat die Lesotho-staat die nodige aansoek vorms ingedien het. In 2014 het ‘n uitleweringsverhoor in Durban plaasgevind. Daarna is hy in 2015 aan die Lesotho-owerhede uitgelewer.

Aangesien Shishuba die enigste verdagte in aanhouding is, is dit noodsaaklik dat Interpol, die Lesotho-regering en Polisiediens dadelik op die versoek optree om Lekoro te arresteer en hom in Suid-Afrika te verhoor.  Daar is geen redelike verklaring waarom hulle versuim om hulle samewerking te gee nie. Daarom bly die beskuldigings teen Shishuba onseker.   Die saak begin volgende week in alle erns  en Lekoro bly ‘n vry man in Lesotho. Misdaadintelligensie het vermoedelik Lekoro se bewegings die afgelope jaar in Lesotho gemonitor, maar geen bewyse van sy presiese verblyfplek is opgelewer nie.

2

Die liggame van Eurika Human is binne-in die huis en haar man Tewie buite in die motorhuis gevind. As gevolg van die brutaliteit van die moorde en die versigtige beplanning wat hierby betrokke is, is dit seker dat die saak nie net in Mosselbaai aandag trek nie, maar regoor die land.

Die hoof verdagte of “Mastermind” Lekoro soos die polisie na hom verwys het, het sy aanval met presessie  uitgevoer . Toe hy daarin slaag  na Lesotho te ontsnap, was hy altyd een stap voor die speurders. Volgens die polisie het hulle al die top speurders betrek by hierdie saak en dit sal nou die tyd wees om hulle vernuf te bewys.

Die enigste getuies van hierdie tragedie ……. Jessica & Tikkie, die paartjie se honde, het vir  4 dae lank in die huis langs die liggaam van hul eienaars gewaak, totdat hulle deur ‘n vriend ontdek is. Tikkie woon tans saam met een van die speurders wat betrokke is by die saak en Jessica woon saam met een van die paartjie dogters oorsee.

Die familie van die oorledenes  vra die gemeenskap as geheel om op te tree en saam te staan ter ondersteuning om druk op die regering  toe te pas om Lekoro uit te lewer sodat gereg en geregtigheid kan geskied.

‘N Beloning is aangebied vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming  en arrestasie van Stephen Lebohang Lekoro in Lesotho. Kontak asseblief W / O Rabie by die Grootbrakrivier Polisiekantoor vir meer inligting.


 

Enjoyed this post? Share it!