EFF dreig universiteite om hulle tot ‘n totale stilstand te bring

Die EFF het universiteite verder gedreig na hulle aanvanklike oproep dat voornemende studente moet opdaag om te registreer nadat Jacob Zuma gratis tersiêre onderrig beloof het.

In die EFF se jongste uitspreek dreig hulle om die instellings tot ‘n totale stilstand te bring indien “inloop” studente nie toegelaat gaan word nie.

Volgens Peter Keetse van die EFF se “studente gesag” sal niemand in daardie geval toegelaat word om die persele te betree nie. Dit sluit personeel, skoonmakers en sekuriteitspersoneel in.

Intussen swyg die ANC-regering, wat vir die plofbare toestand verantwoordelik is, in alle tale oor die EFF se dreigemente.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!