EFF slaan kitaar op Tukkies oor wie mag sing

Studente van ‘n manskoshuis by Tukkies het onttrek aan die uitdunrondes vir die gewilde Serrie-beker nadat die EFF op die kampus gekla het dat die koshuis se deelnemers te wit is.

Sonop is ‘n manskoshuis in private besit wat aan oud-inwoners behoort. Klaarblyklik word die twee swart studente in die betrokke koshuis nie deur die voorskriftelike EFF beskou as verteenwoordigend van die rassesamestelling op die Tukkie-kampus nie.

UP-koshuise ding jaarliks mee om die Serrie-beker deur liedere te sing en te dans in ’n kort vertoning.

Sonop presteer gewoonlik besonder goed.

Tonie Viljoen, Sonop se huisvader en koshuishoof, sê daar is besluit om eerder te konsentreer op die feesprogram ter herdenking van die 100-jarige bestaansjaar van die koshuis.

‘n Gemengde span van Mopanie-koshuis was uiteindelik die algehele wenner in die Serrie-eindronde.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!