EFF verander weer die parlement in ‘n sirkus en maak beswaar teen alle mosies behalwe hul eie

EFF verander weer die parlement in ‘n sirkus en maak beswaar teen alle mosies behalwe hul eie

Eff fotos
KAAPSTAD – Die groeiende onmin tussen opposisiepartye het Donderdag tot ’n rasrelletjie in die parlement gelei.
Sedert ander partye die nuwe parlementêre reëls gesteun het, maak die EFF beswaar teen elke mosie sonder kennisgewing, behalwe sy eie. Dié mosies word gebruik om mense of instellings geluk te wens of medelye uit te spreek. Selfs al maak net een party beswaar, val die mosie weg.
Donderdag was dit blykbaar weer die geval, met die gevolg dat die Springbokke en Proteas nie gelukgewens is met hul onlangse oorwinnings nie en die parlement nie sy simpatie met die slagoffers van die bomaanvalle in Bangkok en Nigerië uitgespreek of verpleegsters se harde werk erken het nie.
DA-LP’s was knorrig oor hul bure se voortdurende besware. John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het aangevoer dat daar ’n doodsdreigement teen een van sy LP’s gemaak is.
Thoko Didiza, voorsitter, het gesê daar is duidelik onderlinge spanning tussen die DA en EFF en voorgestel dat Steenhuisen en Shivambu mekaar buite die raadsaal ontmoet om dit te ontlont. Terwyl dié sitting aan die gang was, het die ANC ’n verklaring uitgereik waarin hy dit verwelkom dat die reëls-subkomitee eersdaags die gebruik van mosies sonder kennisgewing gaan hersien weens die EFF se “kinderagtige en kleinlike manewales” – Netwerk 24

Enjoyed this post? Share it!