EFF verkoop grond in Meyerton vir R15

Grondeienaars in die Meyerton-omgewing probeer om ‘n dringende interdik te bekom teen onwettige besettings aangesien die EFF hulle grond teen

R15 stuk verkoop.

Volgens die burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, Bongani Baloyi, probeer die eienaars die onwettige besettings met ‘n dringende interdik keer.

Baloyi kruip weg sedert die protesoptrede teen dienslewering verlede week in die gebied begin het, want hy vrees vir sy lewe.

Betogers van die Sicelo-plakkerskamp by Meyerton het verlede week die R59 versper met klippe en brandende bande om te protesteer teen swak dienslewering.

Die DA is in beheer van die Midvaal-munisipaliteit en die ANC is vasbeslote om in die komende munisipale verkiesing hier ‘n oorwinning te behaal.

Foto – Die betogers versper ‘n pad tydens ‘n betoging in Meyerton

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!